Die letterlike en figuurlike betekenisse van die taal is soms so histeries snaaks.  Dink net aan die volgende met leestekens op verskillende plekke…

Kom ons eet, Ouma.

Teenoor –

Kom ons eet ouma.

Rus sag liewe Mimi in die hemel is jy nie, in die hel, dit weet ek wel.

Teenoor –

Rus sag liewe Mimi in die hemel is jy, nie in die hel, dit weet ek wel.

Soms kan ons glimlag wanneer iemand iets kwyt raak en soms wanneer iemand ‘n snaakse uitlating maak.  En ek wil juis hier foute maak sodat jy dit kan raaksien en vir my ‘blonde’ oomblikke ook kan lag.  Waarom sal ons nou vir een persoon uit 7 Biljoen mense, kwaad word?  Nie ek nie, vergeet dit.  Lag is beslis die beste terapie en geskenk wat enige een vir homself, ag ek bedoel haarself kan skenk.  Ruil maar jou leestekens om want lag is goed.

 

EkWasHier