Ja, ek kort GOOD VIBES.  Genoeg suur gesigte en suur houdings bekyk, nou is dit die good vibes wat ek wil aanvoel.  Nee man, wie wil nou op ‘n naweek gestres wees?  Beslis nie ekke nie!
Het jy al gevoel jy wil weg hardloop en sommer net op jou eie gaan sit en ‘n veer oor die res van die gemeenskap voel?  Ja, dink jy het.  Positiwiteit is so skaars soos hoendertande, en dit is wat ek wil nastreef, die positiewe.  Ek wil lag en gesels, ek wil klets oor ‘n glasie wyn en vergeet van baie dinge wat pla.  Kom vriendinne en gesels jou hart uit.  Soms is dit nodig om die siel ‘n bietjie skoon te maak.  Skoon van manlief, of dalk kinders, of wernemers of dalk net die dag se sleur.
3 goeie apies
Kyk, ek love my werk, maar soms voel ek so oorlaai en dan word daar vir my gesê dat my ‘las verlig’ is,  Wat jy waar kry vrou?  Ek is in die onderwys en werk my besimpeld.  Kyk, ek geniet dit wat ek doen, maar selfs al sit ek middernagtelike ure met al die merkwerk, word dit waaragtig deur niemand waardeer nie. Soggens wanneer ek opstaan, wy ek so 17 sekondes om myself positief te kry.  Ek dril myself in – vandag gaan ‘n wonderlike dag wees.  Waaragtig dit is!  Nou net aan die Lotto en PowerBall werk.  Hehe…gits, voor ek vergeet sommer aan die man soek ook.  Sien ek is ‘n geskeide vroutjie maar sal anderdag daaroor gesels.  Ek moet byvoeg dat dit nogal ‘n moeilike missie is om man ook nog te soek.
Hierdie maand gaan good vibes my en jou way come, come hell or high water, as ek dit besluit, gaan alles ten goede uitwerk.
EkWasHier