Jy?  Enormously Insignificant?…?  No way Poppie…nie jy of ek is insignificant nie.  Jy is awesome.  Jy staan uit bo die res.

1 person out of 7 biljion

Hoe sien ek jou vriendin?  Ek sien jou as uniek, geskape deur ‘n hoër hand en daardie Hoër Hand leef in jou.  En dan wil ek die woord Namaste gebruik as ek jou groet.  Want as ek jou so groet, beteken dit die volgende:

Namaste:

  •  Ek sien die lig van God in jou skyn en ek erken God se lig in jou
  • God wat in my lewe erken en groet ook die Almagtige wat in jou is
  • Ek eer die Heilige Gees in jou wat ook in my is
  • God se wysheid wat in my is erken en sien die wysheid van God wat ook in jou is
  • En as ek my hande saamvou en buig, buig ek nie voor jou nie, maar voor die Almagtige wat binne jou is, wan HY IS oral en binne elke geskape persoon

Is dit nie ‘n mooi manier van mense groet nie?  Dit is ‘n missie in my lewe deesdae om mense om my raak te sien.  Deur mense as kinders van die Almagtige raak te sien, verbeter nie net my lewensuitkyk op die lewe nie, maar ook my gevoel en siening oor myself…

Wel geliefde vroue, mag ek vandag vir elkeen Namaste toe roep en die blessing oor elkeen spreek…en ek weet dat elkeen beslis hierdie dag en hopelik elke dag, met ‘n glimlag sal aan durf.

EkWasHier