Sy is vrou. Sy is mama, dogter, vrou, sus…Sy is ‘n persoon, uniek, sterk, intelligent en ook kreatief… Sy is passievol, braaf en barmhartig.   Sy is gerig op liefdadigheid, vol aksie en emosie en veral op haar gesin gefokus. Sy is hoop, skoonheid en liefde, dankbaarheid straal uit haar. Sy is vol vuur en het ‘n intelligente asook sesde sintuig en weet hoe om dit te gebruik.  Sy is gewer van lewe, want sy het lewe aan jou gegee.  Sy het aan jou liefde, respek,  vrede en huislike lewe gegee.  Sy het en sal steeds vir jou baklei, in jou glo al het jy haar teleurgestel. Sy sal steeds na jou omsien…en sy verdien niks minder van jou as wat sy hierbo gegee het nie.

EkWasHier

ekwashier privilege to be alive.jpg