♫♪♫…chè sera, sera…♫♪♫…whatever will be, will be…♪♫♪…the future’s not ours to see…♫♫♪…chè sera, sera…♪♪♫…

So ou liedjie maar dra steeds soveel krag…geen woorde is ydelik nie…elke woord wat gespreek word, dra krag…

Ek glo dat alles wat jy in hierdie geestesruim uitspreek, kom terug soos ‘n tsunamie na jou toe.  En ek begin deesdae my woorde mooi tel, want dit gebeur al hoe vinniger met my.  Begin selfs my gedagtes meer positief instel…ja, ja, selfs teenoor my eks (hehe). Want ek het eendag so ge’surf’ op YouTube en iets gekyk, en toe besef ek dat wat hulle daar bespreek so waar is soos…soos…trane wat oor mens se wange rol…goed – ‘n feit soos ‘n koei. En verder het die program meegedeel dat dit wat jy saai, dit sal jy maai en karma tref jou binne 5 -8 jaar later.  So, as iets my tref, hetsy goed of sleg, moet ek myself afvra wat het ek lank terug gedoen.  Dus hoop ek nou, dat ek my lewe net ten goede sal inrig vir die toekoms.  En nie net ten goede nie, maar ‘n toekoms vol vreugde en geluk, vol goeie herinneringe en vreugdevolle tye.  Dus, ek gaan my gedagtes en woorde sag hou en kry dit nogal reg.  Span net elke oggend jou gedagtes vir 17 sekondes in deur goeie goed te dink sodra jy wakker word.  Dit werk beslis.  Daardie 17 sekondes sit oor in nog 17 want dan kry jy ‘n kettingreaksie van goeie gedagtes. Later word daardie 17 sekondes ‘n volle 68 sekondes en jy is reg vir ‘n positiewe dag.  Waak teen negatiewe gedagtes – vermy dit.  Probeer dit, ja, dis ‘n ‘dare’!!!   Go girl, jy kan!

feel free ekke

Mooiste vroue, gaan mal môre, mooi gedagtes en glimlagte.  Sien uit na die toekoms.  Jy is die enigste persoon wat jou gedagtes kan bou en jou toekoms.  Onthou, niemand kan jou lewe vir jou lei of jou gelukkig hou nie…Jy is in beheer van jou lewe.

 

Njoy ‘n awesome week

EkWasHier