Blou Maandag?  Is daar regtig so iets?  Of is dit my psige wat so ‘n streep weg het?  Vandag is Maandag en ‘blou’ is dit beslis nie…my 17 sekondes in die oggend maak my werklik so positief.  En al het my kind met ‘n vreeslike bui opgestaan en op die agterste sitplek van ons SUV-wa neergeval, het ek my beslis nie gesteur aan tiener-moods nie.  Ja, hulle is nog so tussen die boom en die bas.  Die naweek by sy pa?  Ag nee, ek vra nie eens uit nie, sy buierigheid spreek boekdele…vanmiddag seg ek mos vir hom:  “Luister Boetie, wees nou weer moody dan kan jy vergeet om my wa se sleutels te kry.”  Hmmm…two ticks, en die bui is vinnig van die verlede.  (Tot sy volgende kuier)

Vanmiddag laai ek hom en sy vriende by die gym af en ekke ry RiverSquare toe.  Daar raak ek toe aan die gesels met ‘n paar vroue…die een sê toe dat sy al haar klere uit haar dogter se kas moet gaan haal…ek haak af en vertel dat my pragtige dogter by pa bly en dis waar die vroutjie vir my sê dat dit is hoe dit moet wees…my mond val oop….neeeee!!! Ek mis haar…die vroutjie kyk my met hartseer in haar oë aan en sê dat Mama’s altyd die kids wil hê en hulle altyd die swaarste altyd trek.  Pa’s is anders, hulle doen wat hul wil, maak wat hul wil en gaan waar hul wil…terwyl Ma’s alles vir hul kids opoffer…Daar sit sy my aan die dink.  En ek dink nogsteeds.  Is sy nie reg nie?

Wel, vandag is ek nie spyt dat ek my kinders gekry het nie…hulle sal altyd my eerste liefde wees.  Net ‘n ma verstaan, net ‘n ma!  En daardie bond kom die oomblik wanneer jy daardie skreeuende bondeltjie in jou hande hou en jy sien die ogies maak kontak.  En ja< net ‘n ma kan haar eie kind liefhê wat alle verstand te bowe gaan.  My dierbare vriendin, Wilma, sê dat daardie liefde niks is nie – wag tot jy jou kleinkinders vashou, dis liefde…goed ek sal wag daarvoor.  Hmm….tyd dan vir bederf en net poeding gee voor aandete of selfs ontbyt.  Ja, en bederf tot diep in die afgrond.

Begin by Maandag en eindig by kleinkinders…Blou?  Nee, my siel het blou ontwyk en die rustigheid van roomys-groen aangeneem.

Vriendinna’s mag Maandag ‘n blessing wees, Dinsdag die vreugde, Woensdag vol  liefde en Donderdag (nie vol donder nie) vol vrede…Vrydag, Saterdag en Sondag vol pret.  Geniet elke oomblik en leef vriendin, LEEF!!!

EkWasHier

foto69