Vanaand kry ek die boodskap nadat ek vir ‘n vriend geskryf het dat ek beskou word as weird , ja weird…toe stuur hy vir my die volgende boodskap…

NORMALE MENSE MAAK MY BAIE BANG…

Ek lees, ‘n geroggelde giggel glip uit en daar skater ek van die lag.  Het elke mens nie ‘n weird-streep weg nie?  Almal is so uniek en tog wil iemand soos ‘n ander wees.  Agge nee, behou jou uniekheid en ruk ‘n bietjie hand uit en raak mal, dis al…

Vertel bietjie van jou weirdheid, jou uniekheid en wat jou anders maak.  Jy, liefste vriendin is gemaak om uit te staan.  Jy is pragtig en daar is net een soos jy en dis JY!!  Geniet jou vrouwees…ek sal graag wil hoor wat jou maak wat jy is…

Ek is stil, maar verander van hare sodra jy my leer ken.  My beste vriendinne bring die vrou in my uit en dan is ek nie meer vaal nie, maar kleurvol soos die veelkleurige sambrele wat soos sampioene op die strand opspring.  En hulle is deel van my inspirasie.  Vriendinne vul jou aan…en ek lief hulle ongelooflik.

Klink ‘n glasie op jou vrou, jy wat uniek is…

Gaan mal, dis al

EkWasHier

become what you must be