Wat is ‘n ma nou eintlik?  ‘n Taxi-drywer, ‘n dokter, ‘n prokureur, ‘n sjef, ‘n kleremaakster, ‘n onnie, ‘n afrigter, ‘n bank…so kan mens aangaan en aangaan.

Maar, op die ou einde is ons net “Mama”…in ons hart, siel en gees.  Ek dink nie die liefde van ‘n ma kan ooit geweeg word nie. Dit het geen prys nie.  Dit is net.  Dis altyd daar.

Soms, wanneer daar ‘n egskeiding is, soos in my geval, kry die mama die kinders.  Pa is vry om weer soos ‘n jongman te kere te gaan, terwyl ma ewe getrou en liefdevol na die kroos kyk.  ‘n Ma trek gewoonlik aan die kortste ent.  Sy is die een wat alles opoffer, haar geld, haar liefde, haar hart…en pa?  Vra jou dit af??  Mamas is die hartklop van die gesin.   Sonder haar kan kinders vir ‘n rukkie voortbestaan, maar hulle keer altyd terug na haar, want sy is die een wat nooit verwyte vir kinders gooi nie.  Sy is die een wat altyd die hart van elke vrou, kind en kleinkind verstaan.

Soms dink ek dat daar strenger reëls en regulasies met trou en egskeiding moet wees.  Mense skei deesdae so baie, lyk asof die mode is.  Ek dink, ouers moet aan hul probleme harder werk en ‘committed’ wees om ‘n sukses van hul lewens te maak.

Hoe baie kinders sien ek nie wat a.g.v. egskeiding soveel seer beleef dat hul, hul eie lewens wil neem nie?  Die seer in die oë, die pyn in die hart?  Ek het dit nou weereens beleef met ‘n pragtige mooi jonge meisie…Dit breek my hart wanneer ek die trane sien van die ongelukkigheid in die kinders se oë…die kinders wat ons as ouers opgewek het.  Ons het tog ‘n verantwoordelikheid.  Hoe maak ons, ons kinders groot wanneer pa en ma nie meer oor die weg kom nie, of pa (ook soms die ma) verhoudings aanknoop en rondslaap?  Ons stel swak voorbeelde.

 

Genoeg negatiwiteit oor dit, nou die positiewe…ouers, kom ons vat hande en lig die gemoedstemming, die lag, die geluk van ons kinders op uit die as en laat hul die waarde van die lewe raaksien.  Hulle was ons keuses en ons moet die verantwoordelikheid neem om ons probleme opsy te skuif en/of uit te werk t.w.v. ons kroos.

 

Wat is mooier as die geskater van ‘n kind of selfs tiener?  Ons as ouers moet 24/7 daar wees vir ons kinders, want ons is die voorbeeld.  Ons is die oorsaak van hul geluk en van hul lag.  Dis nou die tyd…terwyl jy daar sit, bless jou kinders met God se lig en liefde en die onvoorwaardelikheid van God die Bron van alle lewe.  Sit en konsentreer en doen dit, want dis nodig…ek het, sal jy?

EkWasHier

kinders gebedekwashier gebrokegesinne