Mens wonder soms wanneer jy binne groei, diep in jou siel groei…

Wel, ek dink mense groei wanneer jy ‘val’, wanneer jy die seer ervaar in die lewe.  Wanneer jy die hartseer moet ervaar.  Wanneer jou siel seergekry het en soekend is na ‘n grashalmpie om vas te klou.

Wat’s die doel van my lewe?  Is dit nie tog ‘n vraag wat jy jouself afvra nie?  Jy tree op, reageer en lewe a.g.v. ‘n vorige ondervinding wat jy gehad het.  En weet jy, dit het jou die lewenslesse geleer wat jy so nodig het.

Ek het sowat bietjie meer as ‘n jaar gelede op iemand verlief geraak.  Maar seker die duurste lewensles geleer.  Ek kan nou nie meer so mooi al die feite onthou nie, maar ek het hom verloor…hy het my nie vertrou nie, of hy het alles in detail beplan.  Ek het ‘n vriendin wat ek so vertrou het van die liefde in my lewe vertel en – WOEPS! – weg is die verhouding en ja, lewensles weereens.

Vandag is ekke sterk, danksy al die lewenservaring.  Maar, wat het ek geleer?  Dis die vraag…Die lewe is voortdurend aan die verander en niks, maar niks staan stil nie.  Wat jy nou saai, kom wel terug, hetsy 5 – 10 jaar op die pad af…wiele draai wel…

Life! Life is life!  Soms is mens gelukkig, soms hartseer, soms word babas gebore en soms word iemand te ruste gelê…soms ‘n verhouding, soms die egskeiding…soms…niks is ooit konstant nie.  Soms die hoogtepunte, soms die laagtepunte.  Dis al hoe jy leer en hoe jy groei.

Die werklike groei in die lewe – emosioneel, fisies, geestelik – kom wanneer jy die teleurstellings en mislukking ervaar.  Dis wanneer jy jou sterkpunte sowel as swakpunte leer ken, leer aanvaar en jouself leer liefkry.  Dis wanneer jy die vrede najaag en vind wat alle verstand te bowe gaan.  Moet net nie by woede vashaak nie…Hoe jy dit hanteer is waar groei plaasvind…

Vandag, ja, nou kan ek met ‘n glimlag sê, ek het gegroei en ek het my innerlike vrede gevind.

Vrou, jy is goudwerd!   Werk vir jou innerlike vrede, dit wat die verstand te bowe gaan…as ek kan, kan jy!!

EkWasHier

ekwashier power of a womanekwashier power of a woman