Kyk, wanneer die selfoon lui, is my foon altyd op vibrate…ja, vibrate, sodat ek nie die foon hoef te hoor lui nie.  Dis die moeilikste item om te antwoord en lui is nie die woord nie.  Ek is doodweg sleg wanneer dit by die selfoon kom.  Tuis, by die werk, winkels, diè foon is selde hard.  Jhaaa!!! Stilte vir my!!!

Nou staan ek nog so in Checkers en rondloop, dartel van die een winkel na die ander om die vlaag reën te vermy.  Kyk, Winter en reën is my gunsteling weer, maar ek was doodeenvoudig net nie lus om nat te reën vandag nie.  In een klereafdelingswinkel lui hierdie foon, en dit vibreer, ek kyk na dit, sit dit in my handsak, tel die ding mos weer op…hello, prewel ek so sag as moontlik.  Ek wil nie hê die mense moet vir my kyk nie.  Die vroutjie wat aan die anderkant van die lyn is, is baie vriendelik en vra of ek ‘n ene “Gerda V…” ken.  Nee, kan nie so vinnig dink nie…en die pragtige stem verduidelik vir my dis iemand wat my ken en het my genomineer vir ‘n geskenk…nou wonder ek, dalk een van my leerders se Mama…Yeah!  Ek het ‘n geskenk gewen…ek is genomineer!  Ek is nie ‘n kankerpasiënt nie, maar het familie en vriende wat kanker het.  Ek is beslis ‘n ondersteuner vir Kanker.

Gerda V… wie jy ookal is, kom sê net hello, ek wil jou bedank.  Bedank dat ek in jou gedagtes was, dankie vir jou mooi gebaar.  Al is die geskenkie hoe klein, ek is dankbaar en bevoorreg om ‘n geskenkie te ontvang.  Hierdie jaar is so vol blessings, veral na jare van ongeluk en hartseer.  Jy is ‘n wonderlike mens om vir my te nomineer vir hierdie geskenkie. Baie dankie!!

Ja, ek sal van nou af, hopelik, die selfoon beantwoord.  Daar is nog wonderwerke en verrassings aan die anderkant  van die lyn…

EkWasHier

giving to others you receive yourself