Wat is lojaliteit? Bestaan dit nog? Soms wonder mens of die lewe werklik die moeite werd is, maar jy, vrou, is awesome, geweef van die beste uit genade uit  ‘n Goddelike hand.  Jy is uniek, jy is so mooi, laat jou skoonheid van binne af uitstraal.  Vergeet die mense om jou, vergeet die alles en wat van die mensdom wat jou hinder.  Jy, jy is volmaak gemaak.

Soms wonder jy of jy mooi is, maer genoeg is, slim genoeg is…dis onbelangrik.  Wat wel belangrik is, is jou innerlike.

Egskeiding is een moeilike situasie, maar jy is welkom om jouself deur al daardie fases te laat gaan, moet net nie by woede vashaak nie.  Vloek as jy wil en kom deur dit.  Moet nou nie ‘n mamparra soos ek wees en vir ‘n simpel 4 jaar gesukkel het om oor dit te kom nie.  Gelukkig is ek oor dit, na 5 jaar en ek moet sê, ek is gelukkig.  Nee, ek is steeds ongetroud, maar volgens Binnelandse Sake is ek nog getroud.  Mnr. X het dit nie laat registreer nie, dus hou ek maar die egskeidingsdokument.  Ek kan nou daaroor lag, en ek kan steeds daaroor giggel…nou is my hart, my siel nie meer seer nie.  Nou is ek genees en dankie tog ek het nie ‘n rebound as eggenoot geneem nie, dankie tog ek het vorentoe gekyk en aanhou beweeg.  Vorentoe is die pad…en ek wuif slegs dit wat agter my is vaarwel.

Mens wonder soms of lojaliteit ‘n mere fiction is, en ek wil sê nee, dit is nie fiction nie.  Daar is goeie mense daarbuite wat nie jou sal seermaak nie.  En ja, daar is wolwe daarbuite, hou jou oë oop.  Moenie sommer op elke man wat jou kant toe kyk verlief raak nie.  Noudat ek amper 6 jaar op my eie is, is ek nogal gereserveerd en suinig met my tyd.  Mr. Right sal awesome moet wees voordat ek na hom sal kyk…Wag, ek het dit, sal liewers Mr. Left soek en hom Right leer en dan sal dit dalk goed gaan…Mr. Right of Left sal my nog eendag van my voete af moet loop in Checkers, en eers goed daaroor lag, vir my koffie koop, en my mooi in my grys-blou oë moet kyk en seker maak dat ek hom raaksien.

Onthou, lag is altyd die beste medisyne.  Lag en kyk op Facebook al die lag-video’s en laat jou kinders vir jou goed wys op hul rekenaars sodat jy hop soos jy skrik…en geniet dit.

Eensaam is ek beslis nie.  Ek geniet baie my me-time.  Eendag sal ek wel my me-time met Mr. Right wil deel, of is dit Left?  Hehe, solank dit nie Mr. Wrong is nie…intussen geniet ek my lewe en weet, dit wat ek vra sal ek ontvang.  Ek sal ‘n lojale persoon ontvang en ek weet ek is lojaal en sal dan die geluk vind wat my toekom…

So sal jy, liewe vrou, ook jou geluk vind en jou vrede…almal is nie dieselfde nie, en elkeen kry dit wat haar toekom.  Jy trek dit aan wat jy uitstraal…

Geniet jou me-time…netnou ontmoet jy iemand dan is dit our-time…

EkWasHier

liefde1