Reën, die geskenk van bowe, die mees blessed geskenk wat die aarde kan ontvang.

Ek gesels met Martin M in die week oor die weer en vertel vir hom om te  vra vir reën…dis toe ek by die venster gaan staan en met hande oop, vra ek vir reën.  Vra en vir jou sal gegee word!  Indien God binne my is, mag ek mos vra vir dit wat ek graag wil, en ja, so gebeur dit dat die heerlik reën.

Soms is ons geloof net nie daar nie.  Maar, ja daardie maar, die wending! Maar, as jy vra en jy glo diep binne jou met al jou mag, sal dit so wees, en dit was so.  Die mooiste geluid wat daar is, is die getippe-tap van reëndruppels op die dak en geritsel van die druppels teen die venster.  Dit voel soms soos engeltjies wat op jou vel speel wanneer jy in die sagte misreëntjie staan, arms oop en verwelkom die natheid wat die aarde bedek…o my suster, kom ons dans, dans in die reën, kom ons roep die grootheid van God aan en kom ons wees dankbaar is dit wat ons vra en ontvang.

Vandag hang die wolke weer in die lug, en ek weet, soos dit op die lugstome voortbeweeg, so beweeg tyd ook aan.  Ons moet voortgaan, en wees soos reën, vir ander mense ons stortvloed skenk van menswees en liefde.  Wanneer mense jou sien, moet hul voel of hul tuis gekom het.  Die moegheid van die lewe moet verdwyn.  Of jy nou stilsit of bedrywig is, dit maak nie saak nie.  Jou nabyheid moet gevoel word.  Wanneer iemand naby jou is, moet hul die veiligheid voel, die rus in jou gemoed.

Dankie vriendin dat jy ook deel van my lewe is…

EkWasHier

 

 

 

rain5

O die dans van die reën…