Donderdag was ons op ‘n uitstappie…hospitaal toe.  Sommer vir die kindertjies gaan kuier.  Swieties geneem en koekies vir die Mamas.  Die Matrone was dierbaar en het ons buite weste geskrik vir SEKURITEIT!  Die mees militaristiese vrou wat ons voorkeur.  Ons meld aan, kwaad vir my omdat ek nie die matrone se naam onthou nie, maar wel die suster in beheer se naam.  En ook omdat ek nie geweet het daar is meer as een matrone nie…Streng formeel word ons beveel om te gaan sit en wag.  Ja, vir 20 minute wag ons…ek neem foto’s van ons kids wat kom kuier as ‘bewys’ aand Rotary vir deelname se uitreikingsprogram.

Soos dit die leerders betaam, sit hulle doodstil en ek neem paar foto’s van hulle.  Sjoe, kom die samajoor en beveel ons streng om nie foto’s te neem nie.  Jinne, net daar vlam die humeur die hoogte in.  Maar koel en kalm vertel ek haar dat ek wel ‘n foto of paar neem as bewyse van ons uitstappie.  En ook dat ons bewus is daarvan dat ons nie foto’s van die kindertjies mag neem nie.  Wonder of die vroutjie dalk ‘n slegte oggend gehad het.  Dalk is sy moeg vir die tipe werk.  Dalk het sy met iemand baklei…die humeur het bedaar en toe kry ek die vrou eintlik jammer.

Die saalsuster het ons kom haal en weg is ons…vloer 5.  Dis hartverskeurend om die kleine kindertjies daar te sien.  Mens se hande voel so afgekap.  Die kleintjies hou mens se vingers styf vas wanneer jy aan hul handjies raak.  Die mamas was so vriendelik en die leerders het vir elke kindjie ‘n suigstokkie gegee en elke mama het ‘n pakkie koekies ontvang.  Al het ons hierdie keer net ietsie kleins bygedra, was dit soveel sielsbevrediging want elke mama het bietjie moed gekry, en die leerders was so entoesiasties en mededeelsaam met hul tyd.

Ons was in tyd terug gewees by die skool en ek wil vir al die ouers bedank vir die pragtige kinders wat hulle grootmaak.  Dit was ‘n voorreg om saam met hulle, as ‘n span, hospitaal toe kon gaan.  Volgende uitstappie, ouetehuis…

Ja, EkWasHier