…dis reg, van die sjokoladekoekvreters…

Sjokoladekoek is soos die dans van die feëtjies in die reën
‘n soete nasmaak in die mond en smag na meer
My mond water as ek daaraan dink
smullekker soet en malvasag
bietjie suurlemoen om die soet te versag
kakao en botter gemeng met versiersuiker
maak die versiersel so romerig en watertand
Een happie
Net een…

Ek sny ‘n klein stukkie, suiker maak nie vet nie, dit gee net erge hoofpyn…maar daar gelaat!  Ek gaan sit vat ‘n klein happie, sjoe! dis lekker.  Nog ‘n happie, gits, waarheen het die koek verdwyn?  Goed, wat van nog ‘n klein stukkie afsny?  So gedink en so gedaan…ek het so lanklaas koek gebak, ja ek is lui!

Hierdie resep gebruik ek al vir oor die 35 jaar al en steeds die sukses soos altyd.  Heerlik klam en sponserig.  Vandag het ek vir die eerste keer botter gebruik i.p.v. olie…en dit het gewerk.

Die laaste koek wat ek geëet het, het ‘n leerder se mama gebak.  Absoluut heerlik, maar M, my seun, glo vas dat net sy Engelse juffie se moeder die beste koek bak.  Vanaand loer ek so vir hom wat so smul aan die koek.  Hy kry van sy vriende oor, dus was dit goed dat ek die eerste happie geneem het…maar as Mama glimlag ek, want my kind is nog hier en hy geniet nog sy ma se bak-en-brou.

Ek is dankbaar om nog die voorreg te kan hê om M by my te hê…sonder hom is dit soos sjokoladekoek sonder die icing…soos karamelkondensmelk sonder die karamel…my dogter is al op haar eie voete en het haar ma nie meer nodig nie.  Mens maak soms keuses in die lewe, sy het hare gemaak en ek admireer haar vir dit.  Sy is sterk, soos haar ma, en sal die hoogste sport nog bereik.

Ek lig my glasie wyn en klink oor ‘n snytjie sjokoladekoek…

EkWasHier

happy birthday4