Wie sien nie uit na ME-time nie?  Na  besige dae en rondry vir ekstra klasse en gym en tussen die liefdadigheid deur, aankope ens.  is ‘n ma ook soms uitgeput…reg? Reg!

Gisteraand het ek heerlike gelê en Hallmark movies gekyk.  Die een netso voorspelbaar soos die ander een, dog heel ontspannend.  Ek het presies dieselfde beplan vir vanaand.  Hoe gaan daardie liedjie?  Satuday night and I have nobody…♫♪♪♫♫…en vir my is dit hemel op aarde.  So het ek gedink…my seun Whatsapp my – Ek is 4 uur tuis.

Nee, ek gee glad nie om as sy pa hom nie vir ‘n naweek neem nie, maar ek voel hulle moet tog ‘n band bou.  Waarom bou hy dan nie die band met sy seun nie?  Ai, daar is geen antwoord daarvoor nie.  Soms voel ek pa skenk meer aandag aan die ander vrou en haar kinders en stoot die naamgenoot opsy.  Maar ek gee regtig nie om nie, vanaand kan ek en hy bietjie tyd saam spandeer.  (as jy nie weer moody tuis aankom nie, bygesê)

My seun moet eintlik ‘n rolmodel kry, maar hierdie ma is nie so naarstigtelik opsoek na ‘n man nie.  Hy sal kom in tyd.  Soms, soms wens ek dinge kon anders gewees het.  Soms wens ek dat die lewe nie so wreed was nie en vrouens nie ander mans se vrouens na jag nie.  Of om die kinders se geluk in gedrang te bring nie.  Egskeidings is erg vir kinders.  Ek sit in hierdie week en merk terwyl M besig is met ekstra klas.  Dit was so net na 4, ‘n matriek-dogter kom sit by my en gesels en so stap kinders in en gesels.  Kinders lê ongelooflik na aan my hart en hulle praat gewoonlik hulle harte uit by my.  En nee, ek sal nie hul seer en pyn oorvertel nie.  Maar van die os op die jas, gesels die dogter oor haar ouers se egskeiding.  Sy was maar nog klein, so 3 of 4 jaar oud.  Tussen die gesels deur ontdek ek die seer in haar stem en hoe sy steeds na 15 jaar steeds die swaar rond dra.

Ouers, moenie kinders kry indien jy nie bereid is om die volle pad 100% saam met hulle te stap nie.  Ek sien wat dit aan my kids gedoen het.  Met opregte dankbaarheid in my hart kan ek sê dat ek nie die sondebok was nie, maar dis nie belangrik soos die kind nie.   Hulle het letsels waaraan ouers nie dink nie.  Hoe verlang kids nie na ouers wat saam is nie.

As julle ouers kan, werk liewers die probleme uit en werk aan julle gesinne.   Dis tog soos God dit verlang…Beskerm jou kind met volle hart en siel, want dis ‘n wonderwerkie.

Een van die matriek-seuns wat saam  by die hospitaal Donderdag was, het na die tyd vir my vertel van die een baba-dogtertjie by wie hy gesit en gesels het…uit die mond van ‘n 18 jarige seun:  Juffrou, kinders is wonderwerke.  Dit het my ‘n traan laat weg pik…so jonk en besef die wonder van die lewe.

Ek is trots op al my leerders, en as ek net na jou luister, weet ek watse verskil jy in my lewe maak.  Julle en natuurlik my kinders is my rede om dankbaar te voel. Lief julle geweldig baie.

EkWasHier

kinders gebed