Om te ‘date’ is een van die moeilikeste goed ooit.  Ek sal veel eerder net smack-bang in die man wil vasloop en plat op die vloer wees as om afsprake na te kom. Ten minste sal hy my kan op help, my in my oë kyk, my jammer kry en vir koffie stiek sodat ek oor die val kan kom…dis mos meer romanties, is dit nie?

Wel, ek het nou al ‘n paar manne ontmoet.  Die een praat di e hele tyd oor sy oorlede vrou en hoe hy haar graf mooi en netjies hou en wys foto’s daaroor.  Die volgende gesels land en sand net oor wat hy in die lewe bereik het.  Die volgende oor hoe sy vrou hom verneuk het met haar baas en die is ‘n vrou…oe eh eh.  Dan weer net oor bv. godsdiens en alles wat hy antwoord is; D.V. – as God wil.  Ek glo aan God en alles, maar kan nie 3 ure dieselfde aanhoor nie. Ek is nie disrespekvol nie maar hy moet my beïndruk en nie beafsitdruk nie.  Die ander weer dat die vrou hom wou verander het en bla…bleh…blah…bleg…ja, lag maar, maar dis soos dit gaan.

My  dierbare vriendin, Wilma T, wil my al reg ‘toor’ met al haar praatjies en wanneer ‘ma praat moet ek luister’.  Ai tog, die aantrek is nie die probleem nie, ook nie die grimeer nie, ook nie om daar te kom nie, maar die eerste ontmoeting en die voorstel kan soms stresvol wees.  Wat wil jy drink?  Ek weet nie, wat gaan jy drink?  Drink die persoon alkohol, of is dit koffie of water of sommer tee?  So moeilik, maar wanneer jy op jou gemak is, dan dink ek sal ‘n glasie semi-soet wyn of Spin of Strawberry Daquiree aangenaam wees.

Die gesels oor jouself is nogal moeilik want ek is nie lus om alles uit te blaker nie…bietjie-vir-bietjie is genoeg.  Daar is so min mense wat dieselfde belangstellings deel en my standaarde is deksels hoog.  En ergste is, ek raak eenvoudig nie maklik verlief nie.  Is julle ander vroue ook so vol fiemies soos ek, of is ek daardie limited edition wat net moeilik is?

En nee, ek ontmoet geen man by my huis nie en basta met die res.  Ek weier om my adres te gee, netnou stalk die man my en dan sal hy beslis nie lig daarvan af kom nie. Dis so gevaarlik in die hedendaagse lewe om iemand na jou huis te nooi. En, dames, weet julle wat…mens het nie iemand nodig om net die eensaamheid te vul nie (ek het nie daardie eensame gevoel nie). Mens het nie iemand nodig om net vir jou te sorg nie.  Mens moet iemand kry om werklik ‘n vriend, maat, sielsgenoot, kok, laggenoot ens. te wees.  Dan is jy reg vir die oë in die wêreld te kyk en aan te gaan.

Wel, hoop julle ‘dating-game’ is netso weird en interessant soos myne, geniet dit en lag lekker daaroor.

EkWasHier

 

dating competition                 dear men      dear true love letter where are you.png