Waarom so ‘n dag?  Ek werk steeds!  Dis asof my laste nie minder word nie, maar soveel meer.  Kyk, verstaan my mooi, ek luv my werk en ek luv die kids…en ek luv dit om pouses agter die snoepie se toonbank te staan en te help met die verkope..Lag te lekker indien kids vir iets vra soos bv.  Lemonade-Twist i.p.v. Lemon-Twist ens.  Of wanneer hulle praat van “Ou-reo” i.p.v. “Oreo” en nogal dit oorrond ook.  Elke dag het sy ups en sy downs, maar meestal maak ek dat my dae positief is.  Dis in alle geval my keuse om positief of negatief te voel.

Nou, Werkersdag is niks spesiaals nie, niks besonders daaraan nie, behalwe dat ons af het, maar ek bring dit tussen opstelle en kook en huis skoonmaak deur.   Ja, my vraestelle is klaar en vir die vakhoof gemail.

Vandag gaan my laptop weer terug na Ivan, die ding is steeds nie reg nie, maar hopelik sorg hy dat alles reg is wanneer ek dit kry.  Dis beslis iets wat ek baie mis.  Dan sit ek maar en solitaire op my selfoon en speel.  Solitaire is my slaapterapie.  Soms wonder ek wat mens sonder hierdie moderne tegnologie gedoen het.  Ons was meer buite en meer gesinstyd gehad.  Meer gesels, meer om tafels gesit en eet.  Meer oogkontak gemaak.

Maar vandag, op Werkersdag wil ek ‘rus’ nadat ek die huis skoongemaak het, vleis gemarineer en in die oond gesit het en ook die ander kosse op die stoof het.

Werkersdag het eintlik geen waardevolle betekenis vir my nie, want dis soos enige ander dag.  Daar lê meer betekenis daarin om eerder Hemelvaart as vakansiedag te hê as die dag.  Wel, laat ek gaan ‘werk’…

EkWasHierekwashier5