Soms wonder ek waarom mense ‘n ophef maak oor siektes soos Ebola, maar wanneer dit kom by die mense wat van hongerste sterf, dan word ‘n ander pad gekyk…is dit nie net so belangrik soos bv. Ebola nie.
Ek wonder soms oor mense wat ander altyd oordeel, maar hul lewens is nie perfek nie. hulle nie besef watse seer hul soms aan ander doen nie…
Ek wonder soms oor die wat geloof voorhou, maar hul optredes wys ‘n ander pad. Soms wonder ek of dit nie ‘n front is wat hulle voorhou nie.  Voor mense kan jy alles voorhou, maar as jy alleen is, is dit net jy en God.  Wonder net…
Ek wonder soms oor hoe mense jare kan kwaad bly vir iemand maar die oorsaak het hulle begin.  Bv. die man het sy vrou verneuk, maar sy is die ‘probleem’ en andersom, of een persoon veroorsaak hartseer en gee die ander die skuld daarvoor. Mense is so geneig om die skuld so op ander te pak om hul eie seer te verbloem.
Ek wonder soms of mense sal saamstaan wanneer daar ‘n rebellie onder die nasie uitbreek…ek wonder of die Boerevolk sal saamstaan as so iets hier gebeur.  Die arrogansie onder diè volk is nogal groot en wonder of hulle dan sal saamstaan.  


En ek hou nog by my siening: wanneer mense ander mense se siele begin raaksien, sal al die probleme in hierdie wêreld verdwyn en mense sal dan eers besef hoe belangrik die lewe en ander werklik is. Maar vir nou moet hulle harde lewenslesse…

Die lewe is so kort, dit besef ek noudat ek veel ouer is, soveel kennis opgedoen het.  Met die grysheid kom die wysheid.  Soveel water het in die see geloop en terugkyk op die lewenspad besef ek al die foute wat ek gemaak het.  Geen handboek kan mens diè lewenslesse leer nie.  Geen handboek kan mens leer oor die lewe nie.  Moeder Theresa was reg;  op die ou einde is alles tussen jou en God, nie tussen jou en die mens nie…anyway…

Ek wonder maar net….

EkWasHier

soul growthsoul, yes for being heresoul discover yourself