Die jawoord is uit en Bernice is die bruid…

My broer se dogter gaan trou.  En as ek terug moet dink om haar te onthou, gaan dit oor die 26 jaar terug, ek dink…ek onthou haar eerste verjaarsdag.  Haar ma, Nerine, sê juis sy mag glad nie aan haar verjaarsdagkoek raak nie…net toe Nerine omdraai en loop, trek sy haar handjie oor die roomyskoek, so asof sy net wil wys sy kan.  So lekker gelag…en sy’t modderkoekies gebak en saam met haar verbeeldingsmaatjie, Alêr, gespeel…ek onthou nog die stories wat ek vertel het, en sy kordaat vir my vertel het dat ek tog asseblief moet klaarkry want obviously was my stories tè lank. Sy was ook my blommemeisie op my troue…nee, ek het nie meer die foto’s van die troue nie…jammer, anders kon ek gewys het hoe fraai sy gelyk het.  Ek onthou hoe sy saam met my kinders gespeel het en hoe lief hulle vir ‘Niecie’ was.  As sy daar was, het hulle ‘n hond uit ‘n bos gespeel.

So het sy groot geword en staan op trou.  Bernice, mag jou lewe vol blessings wees.  En as Christo iets doen, sny ons hom op en maak heerlike pasteitjies van hom en begin ‘n bakkery…heerlik lag ek nou. (☺) En as daar kinders is, weet ek sommer hulle sal baie bederf word.  Mag jou lewenspad saam met Christo gelukkig wees.  Ja, daar sal dae kom waar julle baklei en onmin wees, maar praat dit uit.  Die lewe is te kort vir nonsens.  Mag, jou lewenspad vol vreugde, lag, geluk wees en mag julle werklik ‘n lewenslange huwelik ervaar.  Soul mates soos hulle sê, en voortleef soos Ouma Marie en Oupa Ben wat al amper 62 jaar getroud is.  Dis my ‘geskenk’ aan jou…’n blessing!

Mense wil lewe soos die media die lewe voorhou, maar dis veel eerder hoe jul innerlike dit wil laat voortleef. Ek sal beslis die 11de Junie daar wees, Pretoria, waar die huwelik voltrek word.  Beslis, tans die enigste man in my lewe, Michael en Alicea en ? wie ookal…sal nie die troue van die jaar misloop nie.  Jy is die enigste klein niggie wat ek het, en weet die dag sal spesiaal wees…

Lief jou baie…

Blessings

EkWasHierekwashier Be with someone who brings out the best in you, not the stress in you..