Nee kyk, vandag moes eintlik Vrydag die 13de gewees het…

Die kraan drup-drup en soos julle weet, is ‘n gedrup seker die mees irriterendste ding, veral as jy in stilte wil deurbring…Ek het die kraan baie styf probeer toemaak, maar tevergeefs.  So gaan soek ek maar die spannerrige ding om die krane mee los te draai.  Eers gaan draai die buitekraan toe,  maak die kraan los en haal uit…geen water nie..kyk na die washer en sien die wat ek gekoop het lyk heeltemal anders.  Krap toe maar bietjie in die een kas rond opsoek na die regte washers.  Maar, toe ek terugkom is die bad half vol, met kokende water, en daar dryf die katte se kos boon-op ook in die water rond.  My seun probeer met ‘n sosatiestokkie die kos laat loskom om maar uit te spoel.  Jy sien net water oral.   Sjoe, toe hardloop ek om te kyk of die buitekraan toe is…en dit was…daarna nuwe washers ingesit wat soos die oues lyk.  Ek dink die kraan is seker maar oud…wel, het toe die badkamer drooggemaak en katte se kos vervang…gebruik mos nie daardie bad nie, dis vir my katte want’n  wille kat kom eet my katte se kossies op.  Nee, daar drup dit toe meer en heelwat later, gaan draai ek weer die buite kraan toe.  Ek tap ek toe maar die bad vol  warm water – want koud wil dit nie bly nie, begin wasgoed was, net om van die water ontslae te raak.  Bad te heerlik en na dit, haal ek weer die kraan af.  Ek druk toe die washers wat ek eerstens gekoop het met ‘n skêr se voorpunt diep in die kraan agter vas.  Bietjie gesukkel, maar het dit reggekry.  Terug geskroef en voila…dit werk!  Wie sê vrouens is nie handig nie.  

Om alles te kroon het ek my nael tot in die lewe inaf geskeur met die insit van die washers en moenie vra hoe nie…het toe maar die naels gaan afknip en gevyl.  Mooi gecutex en is tevrede met my handewerk.  Dis net daar dat ek die houer met al my naellak gaan bêre.  Agh!  Ek val dat ek so skuif oor die mat.  Stamp die asblikkie om met van die nat katkos nog daarin.  Hoe kan mens so lomp wees?  Met ‘n skok en die woord “bliksem” wat uit my mond glip sodra ek seerkry of skrik, gaan haal ek maar die skoppie en maak skoon.  Ek het voorwaar ‘n bodyguard nodig om my teen myself te beskerm.

Ek is moeg om handywoman te speel, gaan nou vir my ‘n handyman soek om my te help met alles en wat…dis soms moeilik om alles alleen aan te pak…van my vriende dink ek is so handig, maar gelukkig sien hulle nie die geknoei nie…’n meisie het soms ook ‘n ridder nodig om haar te kom red, of wat skryf ek nou?  Nie ‘n Mr. Right nie, maar Mr. Left, wat nie verdwaal nie, sy perd vrek nie, en hy gebruik ‘n GPS natuurlik…waar in die lewe kry mens die man?  Sal maar moet gaan visvang en kyk watse tipe visse daar is.  Maar oe, ek is bang vir sekere tipe visse, sodra sekere visse op die land val, hardloop ek dat jy net stof sien trek.

 

Dink ek nou by myself…Mr. Left sal my letterlik van my voete moet loop…ek is so vasgevang in my eie wêreld en gedagtegang dat hy my vierkantig in die oë sal moet kyk, my moet stiek vir ‘n koppie warm suikerwater…want ek sal sprakeloos wees…al lyk hierdie wêreld soms gebroke, tog kom daar goeie goed na vore…wees gebless ieder en elkeen wat hierdie gedeelte gelees het, die son skyn wel weer en môre lag ons oor gister se probleme.

So eindig hierdie naweek, op ‘n heel goeie nooit, alles in plek en ek sien uit na môre…yeah, dis Maandag!!

EkWasHier

ekws broken