Talent, dis die woord.  Vanaand het die tieners hul talent gewys by die hoërskool.  My mond het letterlik OOP gehang. Die kids was so opgewonde oor vanaand dat ek besluit het om te gaan.  Op die gallery gaan sit, brilletjies opgesit want ek kan mos nie meer ver sien sonder die goed nie.  Die beligting was pragtig en die Cerilliumblou ligte was pragtig en het oorgegaan na smaraggroen en dan na waatlemoenrooi.  Die viooltjiepers ligte het nogal ‘n mooi skynsel gegooi terwyl die liggies in die agtergrond, gelyk soos reuse fairy lights, dit gekomplimenteer het.  Ja, Mnr Sharp, jy was sharp, baard en al.  Seremoniemeester goed hanteer en dink jy hoort op die stage, as komediant.

Ek het ongelooflik baie geleer…2 poppeloppe het ‘n moordtoneel goed hanteer en selfs vir my tips gelos oor hoe om ‘n man te soen…die kussingmetode.  Poppelop A het ‘n pragtige dans gelewer asook ‘n toneelopvoering oor, glo dit of nie, dwelms.  Gevolg is, jou rekeninge het dieselfde effek dan dwelms…AAAAAAARRRRGGGG!!  Sommige poppeloppe het my so verbaas, soveel talent onder die Gr 9’s – is awesome. Van rap tot dans, sing tot musiek maak…was ongelooflik.  Die manne het verbasend na vore getree en dis tyd om my ‘Blue Suade Shoes’ aan te trek.  Dink dis tyd om ‘n ‘Jam-klub’ daar te begin.  Miskien een maal ‘n maand of dalk week, en kids kan so 40 sekonde jam doen.  Van die poppeloppe het engele stemme en ek het absoluut gesnak na my asem toe ek hierdie talente aanskou.

Dit maak onderwys die moeite werd.  Nee, môre sal elkeen maar hul talente weer moet wys in die klas.  Veral die drama gedeeltes, dit was by uitstek vir my die beste.

En wie sal ek nie ook in die gehoor sien nie?  Die einste, Lisa se klavier sanger…Refentse Morake.  Die jongeling het talent wat skrik vir niks.  Hy was al saam by Interact Rotary saamtrek by ‘n ouetehuis.  Ai, die een tannie het aan’t huil gegaan, want hy moes weer De la Rey gesing het…LOL…net om te sien dat sy aan die slaap val.

So kom nog ‘n wonderlike aand op einde.

EkWasHier was ook daar.