Vandag is Maandag en die dag was nie blou nie, dit was soos die reënboog, mooi, helder en vrolik.

skwl13

Vanaand praat iemand van my ‘pikkies’…mooi naam vir my kiddies, my poppeloppe en boeties by die skool.  Ja, ek weet julle sit nou die ene oge en ore en lees…bang seker ek sê iets en julle mis dit…kyk net hoe lag ek in my innerlike vir julle…ja, ja, ek hoor julle.

Elke dag het sy lag oomblikke asook die ‘kyk gee’ oomblikke.  Dis wonderlik om op ‘n Maandag op te staan en met ‘n ♫♪♫”’lied-in-my-hart…♪♫♫ skool toe te gaan.  Die glimlagge en die vriendelikheid is altyd ‘n riem onder my hart. Soms is die skool die plek waar hulle net hulself kan wees, soms waar hulle dalk verstaan word, soms waar hulle dalk net ‘n broodjie kry om te eet…mens weet nooit.

Wat ek wel weet, is hulle verskaf baie vreugde, baie lag.  Soos ekke wat gom vra en begin smeer en smeer en smeer – en dan onskuldig vir die kind kyk en sê dat die gom droog is, deur net te hoor ek m0et die gom se doppie afhaal. Of wanneer ek van my skoen afval met ‘n  uitmatige hoë hak van 1 cm en saam met die leerders lag daaroor. Vandag giggel die poppeloppe omdat die bord ruk toe ekke skryf…natuurlik, die bord is los.  En wag…die een boetie plaas ‘n pic op een van die Whatsapp groepe “Ek dink nie jy verstaan die krag wat ‘n Black Lable my gee nie” waarop ‘n poppelop antwoord: “Ja die dronk krag” en boetie antwoord “Nee ds ‘n domkrag nie dronk krag”  Ai, weet hulle maar hoe ek hier sit en lag vir hulle.  En een eindig met “J is dom”.  Soms vergeet hulle dat ek ook op die groep is, maar bly doodstil en lees net…

Ek dink vertroue is ietsie wat verdien word.  Ek gee die vertroue en respek en verwag dit terug…en ja, kry dit ook.  Al raak mens net een pikkie aan, dit is alreeds ‘n doel bereik. Pikkies sal nooit die plek van my eie kids vervang nie, want hulle het ‘n ander spesiale plekkie in my hart.

Wel Pikkies sien julle môre…elke dag is ‘n favourite, want elke dag is vol vreugde…

EkWasHier