Kry ‘n boodskappie van my vriendin FS…gaan ons kuier by Mimmo’s?  Ja, waarom nie.  Seuns afgelaai by gym, dink julle nou ek wil gaan gym as ek kan eet??  Ons altwee was in tyd, bestel ‘n glasie wyn en kry ‘n kraffie elk…baie ys en begin kuier.  Bestel heerlike bolognaise vir haar en Alfredo vir my.  Yummmm…eerste happie en daar word die idioom sommer letterlik opgeneem; haastige hond verbrand sy mond. Dit het so heerlik geruik, wou nie wag nie.

Ons gesels oor die ou dae, ons kinders wat saam op skool was en wat hulle doen.  Ons seer in die lewe en hoe die toekoms aangepak word.  Volgende keer neem ons selfies en wys hoe lekker ons kuier.  Mens vergeet soms om te lewe en om vriende op te soek.  Die lewe is so ‘n gejaag, dis tyd om meer rustig te raak en meer te geniet.

So vertel sy my van haar sus, en nooit het ek vir een oomblik gedink hulle is sussies nie…en ek en T het saam in die 90’s skool gehou.  Klein wêreldjie diè.

Om te gesels oor gemeenskaplike temas en belangstellings, mekaar te kan vertel oor dinge diep versteek, dis waaroor vriendskappe moet gaan.  My pragtige vriendinne tel ek op my een hand…hulle is so kosbaar en ek sal hulle nie wil verloor nie.  Al kuier ek nie aldag met hulle nie, bly ek in kontak.  Nie weer is ek bereid om hulle op te offer nie.

Behou die goues hulle is die wat jou altyd onvoorwaardelik sal help en bystaan, in nood, in vreugde en blydskap, in tye van hartseer of geluk…dis ware vriendinne.

Luv julle

EkWasHier

friends9