Soms dink mens terug aan die ou dae…en dan aan die tye waar mens soveel kere gelag het…ek, die ernstige een…die een wat nooit wou lag nie, het besluit om ‘belly-dancing’ te gaan doen.  Kyk, toe hierdie heupies moes wikkel en ek in daardie spieël van die studio vir myself kyk, het ek begin skater… het so siek gelyk, so asof ek soos jellie wobble…was so snaaks…

Ek het net begin skoolhou, en die Vrydagmiddag onthou ek dat ek nooit my register ingestuur het nie..dis toe ek terug jaag skool toe (minwetend dat die kantore al lankal toe is)…storm na die 2de verdieping, net om te onthou ek het dit saam met die klasleiertjie gestuur…kyk meer verstrooid as ek kan jy nie kry nie!  Die boy scouts was toe net aan’t salueer toe ek die laaste stel trappe – verlig – af stap. Dis waar my voet mos besluit om die trappie mis te trap, en diè juffie gly so wip-wip-wip die trappe, boudsgewys en bene reguit, onder toe.Die jong mannetjies het gelê soos hulle lag.  Ek dink ek sou ook as ek in hul posisie was!  Maar so nonchalant staan ek op en maak asof niks gebeur het nie en stap verder.  Talk of the school, beslis.  By dieselfde skool was ons besig met konsert.  Aangehou oefen tot alles perfek was.  Ek kan nie onthou of dit my  tweede of derde jaar van skoolhou was nie, maar kyk, die kleintjies kon mens nogal uitput.  Net voordat my klas se optrede finaal klaar was, sak ek so ewe op die naaste stoel by die gordyn neer, net om op die stukkende stoel, op die verhoog te gly.  Soos blits was ek weer agter die gordyn in…

Onlags vertel ek vir die seuns ‘n grap, terwyl Michael my motor bestuur, op pad gym toe.  Naby die gym begin ek deur “ffff…ffff…fff…” te demonstreer, trek die voorste kroon.  Ja, nodeloos om enige iets verder te vertel het al 3 van hulle vir my gelag…dadelik tandarts toe om die tand te laat vassit…die kroon voel hoeka al weer losserig.  Tyd om weer ‘n grappie te vertel.

En ek val mos van my skoene af…skaars 2 cm hoog.  Dis net daar dat ek my skoene uittrek en kaalvoet loop.  Dit gebeur gereeld, soms voel mens heel bespottend, veral wanneer kids vir jou lag, maar saam lag is die beste raad.  Om vir jouself of vir ander te lag is soms ‘n goeie anti-depressant.

Lag is maar die beste medisyne.

EkWasHier

 

laughing