Toe ek jou ontmoet het, het ek ‘n tikkie hemel in jou oë gesien…en ek het daarvan gehou…ek het so gehoop om iemand te ontmoet vir wie ek weer lief kan wees, maar helaas.

Soms wonder ek steeds wat verkeerd geloop het?  Soms wonder ek of jy dalk net die storie opgedis het.  Soms wonder ek of julle dalk beide kop-in-een-mus was. En soms wonder ek of jy dalk net my gebruik het.  Soms wonder ek of ek my kinders te lief het en dit was dalk jou probleem.  Miskien was my skoolgaande seun die probleem.  Ek wonder steeds.

So gaan die lewe maar, met die hoekoms en waaroms.  Vrou, jy is nie alleen nie.  Ons vroue staan saam en daar is mans wat tog al hierdie negatiewe sal oorkom en jou voete onder jou sal uitslaan.

Maar, dan kom dit by iemand soos ek!  Ek raak nie maklik verlief nie en dit vat jare voor ek verlief raak. Maar as ek wel my hart gee, dan sal dit vir die res van my lewe wees.

Mense moet mekaar leer ken, mekaar vertrou en mekaar uitvra.  Wanneer ‘n vrou wel vir haar man bid en moeite doen om haar gedagtes tot God te rig, moet die man twee keer dink.  Dis net jammer dat mense nie mekaar die liefde in die lewe gun nie.   Soms kan mense nie ander die vryheid en liefde gun wat hulle moet nie…maar vergeet van hulle en bly lewe uit dankbaarheid uit.  Die dankbaarheid waaruit mens leef, bring die vrede, vreugde en vryheid in jou hart en siel.

Soms wonder ek, is mense bereid om sake met hul geliefdes uit te praat, of selfs die ander te konfronteer vir dit wat vir hul saak maak?  Is mense bereid om sommer net die wonderlike liefde te laat gaan sodat ander hul daarin kan verlustig?

Wel, solank jy jou voete vind, jou siel kan skoonmaak en vorentoe kan kyk, en aanbeweeg – dan is die Kaap weer Hollands.

Vriendin, mag jy gebless wees, mag jy die vrede vind wat alle verstand te bowe gaan.  En weet, as God met jou is, kan die mens maar teen jou wees.  En wanneer jy met hierdie geestelikheid, hierdie Godgegewe spirituele sy lewe, dan sal mense teen jou wees en dinge doen, maar self sal hulle nie weet waarom hulle dit doen nie.  Leef jy net in vrede en liefde en wees daagliks dankbaar vir dit wat jy ervaar…

Blessings vir jou, dierbare vriendin

EkWasHier

choices in life