“Ek wil Skei…!” beier sy woorde in my ore.  Wat?  Wie? Nou?  Hy het deur die nag sy klere gepak en alles in die motor gelaai.  En, ek het dit nie sien kom nie, verslae, geskok staar ekke eers na hom.  Dit voel asof ‘n bak met yswater oor my geskokte lyf uitgegooi word.  Ek baklei en skreeu en raas, tevergeefs.  As Boet sy mind opgemaak het, het hy sy mind opgemaak…sê sy suster met smaak.  Te bly dat hy geloop het, bly dat hy na haar luister…sy was sy ‘ma’ vir al die jare. ” Groet ten minste jou kinders en verduidelik mooi hoekom jy loop” snou ek toe, maar hy wil dit nie eens doen nie…so vinnig wil hy wegkom in die arms van die ander vrou in.  En ek was so oningelig, so dom dat ek dit nie gesien kom het nie.

Hoeveel vroue het nie ‘n storie wat aan bogenoemde gekoppel is nie, en dan begin die fases van herstel ook, soms haak vrouens by woede vas en beweeg nie aan nie…soms treur sommiges, ek ingeslote vir jare…tot die deurbraak kom, dan kan jy lag en terug kyk…

Verder sal geen persoon die volle geluk vind terwyl ander partye in die gesin ongeluk ervaar nie.  En ook het ek geleer om te vergewe, dan vergewe ek eintlik myself.  Indien mens nie die lewensles van jou lewe leer nie, sal jy weer en weer dieselfde les leer en telkens sal die lesse net moeiliker gaan en moeiliker.  Karma is beslis ‘n..’n moeilike teenstander of eerder aanwakkermaker.

Soms dink mens die lewe is onregverdig, miskien is dit, maar ek sien nou na amper 6 jaar van op my eie wees die redes daartoe.  Vergifnis is moeilik om aan te leer, om op jou eie bene te staan is ook moeilik.  Om op ander staat te maak, leer jou om ander weer te vertrou.  Om weer te leer lag is die ekstra bonus.  Om te huil, maak jy jou siel skoon.

Soms voel ons vrouens dat ons, ons beste jare vir hul eggenote gegee het, net om in die steek gelaat te word…maar my siening is, miskien moet jy dan weer terugkom en jou lewe oor leef om die foute te herstel.  Ons sal nooit weet waarom die goed gebeur nie, en dis nou lekker om daaroor te lag, maar op daardie oomblik bevind jy jou in ‘n diep donker gat.  En as jy nie deur die diepste donkerste duisternis gaan nie, hoe sal jy ooit die lig kan sien?  Die diepste donkerste duisternis maak weer voorsiening vir die helder lig…na Winter kom Lente wat die Somer in die lewe bring.

Vroue, nou mag dinge dalk moeilik voel en donker lyk, maar die een wat verbrou het, se probleme duik gewoonlik so 7 – 10 miskien 15 jaar na die egskeiding na vore…en dan is dit wanneer mens terug dink en wonder…wat de hel het jy aangevang….maar as jy die onskuldige party is…sal jy in daardie jare dink, flip, nou is ek waaragtig gelukkig…en ek, ek is op pad na daardie gelukkige fase toe…

My woorde in hierdie hemelruim is…Infinite Spirit, Lord grant me the abundance that You have  in mind for me since the beginning of this world…and so be it…Thank you, thank you, thank you…en soos God vir Jabes sy grondgebied vergroot het, so sal my grondgebied ook vergroot word en geluk lê vlak voor my deur…ek kan ophou soek, dit is op pad…en ek is dankbaar…

Met dankbaarheid

EkWasHier

 

God - vrou met mooi siel