So  ‘n paar idees vir dieet.  Nee, ek is geen Xpert nie, maar ek weet darem wat werk en wat nie werk nie.  Laat ek ‘n paar van my idees hier gee, dan gaan probeer jy dit uit en laat weet my of  dit werk, al dan nie.  Nou wees ernstig en hou op lag, lag maak vet, dis hoekom ek op dieet gaan…hehehehe..

Hier volg die ontbyt vir die week:

Elke oggend: ‘n eier, maar slegs die doppe en suig dit mooi af, ook pruime wat afgeskil is en slegs die pitte, verder mag jy ook bacon en ander heerlike varsgebakte brode ens. slegs snuif.

Middagete:  heerlike kaasrepe waarvan jy slegs die gate mag eet.  Daarna mag jy soveel dounut’s eet soos jy wil, maar slegs die middelste gedeelte.  Jy mag ook saam met dit soveel ysblokkies suig aangesien die vetvry en cholesterol vry is.

Aandete:  Jy mag skaaptjoppies se beentjies kou en die vleis vir Woefels gee, daarmee saam mag jy rys gaarmaak en slegs die hartjies binne die rys eet, so skil rysies mooi af.

Einde van die week:  laat iemand die hospitaal skakel want dan is jy so uitgeteer dat die dieet heeltemal te goed gewerk het.

Goed, nog raad is dat jy heeltyd met slaap, want wanneer jy slaap, dan kan jy nie eet nie.

Moenie die M&M’s onderstebo lees nie, want jy mag dit met Weight Watcher’s se pilletjies verwar.

Kies ‘n lae vet, geen suiker of koolhidrate dieet nie, so sal ons ‘n sjampanje dieet verkies?

Volg ‘n ligte dieet, wanneer dit lig is of die lig aangesit word, mag jy eet.

Seafood-diet is netso gewild…all the food you see you eat.

Ek het nou die dag al die vetmaak kosse verwyder uit die huis uit…jinne was dit nou smaaklik gewees…

Om te dieet is maklik om te verloor…net soos  my sleutels te verloor,  ek verloor soms my dagboek, ek verloor my humeur…ja, so maklik…

Maak vir al my vriendinne fudge en sjokoladekoek…hulle word dan vetter dan vertoon ek baie maerder…

By the way, niemand wil van jou dieet hoor nie, so shut net up en eet jou slaai en bly dikbek vir die res van jou dieet.

Aangesien diëte nie vir my werk nie, gaan ek maar konsentreer om langer te word. Rn ek gaan begin gym, my gunsteling oefening is kougom kou…

Geniet jou kos…ons is wie ons is, gelukkig wie en wat ons is…waar is die karamelkondensmelk…

EkWasHier

chocolate4