Whaaaaattttt???   Cry a little and smile a little…impossible.  Well, then simply make the impossible possible…a mere mind-shift.

Die klein dingetjies in die lewe bring gewoonlik die meeste geluk na vore.  Waar put ek plesier van…pluk dit uit ‘n doos…bedoel ‘n box.  Nope, dit kom van alledaagse klein dingetjies.  Soms wanneer my seun sy skalkse glimlaggie vir my gee.  Of wanneer ek in die eksamenlokaal heen en weer loop en maak kontak met iemand se oë en ‘n glimlaggie verskyn op die Pikkewyn se gesiggie…dis vreugde, dis lag…soms wanneer ek ‘n Whatsapp kry en dis ‘n helloooo…soms wanneer ek lam en tam is en my kat kom sit by sy ma…wonder juis waar hy is.  Of wanneer my dogter my groet…ek glimlag deesdae vir soveel pragtige blessings wat my pad kruis…ek lag wanneer ek iemand se siel versondig en hulle vervies hul vir my, minwetend ek giggel soos ‘n muis.

Dan is daar die cry a little, wat my siel skoonmaak.  Ek huil soms oor my kinders wat soms lelik met my praat, soms wanneer ek ‘n romantiese film kyk en dan loop die trane.  PS. I Love You is absoluut ‘n gunsteling…en ‘n ware tranetrekker.  Soms loop ‘n traan wanneer ek moeg, lam en tam is…soms wanneer ek alleen is.  Soms huil ek omdat huil net huil is.  Dis sommer goed vir my hart en siel.

Trane en lag is deel van die lewe.  Deel van ‘n skeppingsplan.  Maak die gemoed skoon.  Gelukkig is my huil nie negatief nie, maar wel positief, want die lag verander die huil en meestal is lag my voorland.

Ek is seker ons Beskermingsengele is pal by ons en wanneer ons lag, klingel die hemel van hulle gelag ook, en wanneer ons huil, dan oorstroom die hemel met ‘n tsunami van hul trane vir ons.  Ek klim vanmiddag in my motor en by my brandstofpedaal lê ‘n veer.  Ek het geglimlag en geweet ‘n engel het vandag weer saam gery…en die veer net daar gelaat.

Selfs Koning Dawid het genoem dat trane in botteltjies opgevang is en dat daar ‘n kamer in die hemel met ons trane is en ek is seker, wanneer Jesus of Infinite Spirit of ons Engele met daardie trane-ink gaan skryf, sal die mooiste boodskappe na vore kom.  Wanneer ‘n traan van ‘n vrou se wange rol wanneer sy oor haar man en kinders of geliefde huil, word dit spesiaal in kristalvase opgevang en versigtig gestoor.  Ek dink ook elke traan word getel. Geen traan gaan ongesiens verby nie…en ek dink baie mans stort ook trane en my hart gaan uit vir elkeen wat ‘n traan stort, hetsy man of vrou of kind is.

Lag word vir seker in die hemele gehoor, dit word selfs aangemoedig.  Ek is seker Infinite Jesus sit op sy troon en lag vir ons wanneer ons lag, of selfs ‘blonde’ flaters begaan.

My siening is, alles wat ons doen, sê of dink, gaan in hierdie oneindigende hemelruim in en niks keer leeg terug nie.  Soos die riffels van ons woorde, dade en denke hier uitgaan sal dit ons soos ‘n tsunami terug tref.

Ja, ek is bang vir karma, want dit wat jy saai, gaan jy beslis dubbel en dwars maai.  Omdat ek so bewus van hierdie hemelse wet is, sien ek dit werk vinniger deesdae in my lewe.  Wanneer iets deesdae skeef loop, dan vra ek myself af wat ek eerstens verkeerd gedoen het.   Dis nie die ander een wat fouteer het nie, ek moes fouteer het, en ek moet die verantwoordelikheid daarvan dra.  Eintlik is dit goed, want hoogmoed verdwyn en ek lewe meer uit dankbaarheid uit as enige iets anders…ek is beslis afhanklik van hierdie Alomteenwoordige Infinite Spirit (God) om my.  Ongetwyfeld glo ek HY bestaan en Hy is Meester…

Wel, lekker giggel, meer lag en stort maar daardie traan of tien.  Die siel is altyd varser na ‘n heerlike trane bui wat geurig oor die hart uitsak.

EkWasHier

God give you the people you need in your life