Nadat ek vandag ‘n bietjie ‘ballet’ in die kombuis gedoen het en my besimpeld geval het, het ek so ‘n bietjie gaan sit…alles was seer.  Op my ouderdom is dit nie meer val en opstaan nie, nee, dis val, vryf, huil ‘n bietjie, vryf weer en weet nie hoe om op te staan nie.

Dis toe ek ‘n bietjie gaan google…kom toe mos af op ‘n reseppie,  wat 4 bestanddele bevat, wat ‘glo’ binne 4 dae resultate toon.  Wanneer mens nou aan die verkeerdekant van 50 staan, dan sukkel die vetjies om weg te smelt.  Natuurlik gaan ek gym toe…ek ry tot by die gym, laai die seuns af, doen inkopies net om weer gym toe te ry…dan ‘swipe’ ek my lidmaatskapkaart en stap in.  Daar gekom, kyk ek rond, soek die seuns, en sê ek is terug en wag in my wa vir hulle.  Sien, ek was daar.  Letterlik!!!

Vanmiddag ry ek toe om elektrisiteit te gaan koop en maak ‘n draai by Checkers en koop toe koop ek die 4 bestanddele:  komkommer, suurlemoene, mintblare – natuurlik vars en gemmer.  Soos ek hierdie reseppie ken, word dit nie genoem wat hulle dit noem nie maar Sassy-water.  Tuis gekom en het die bestanddele opgesny en in ‘n groot glashouer met water geplaas.  Ek het die suurlemoene in skyfies gesny, die komkommer ook maar toe gehalveer en so 10 mintblare netso ingegooi.  Die gemmer het ek so eetlepel gerasper…baie fyn en ingevoeg.  Water bo-op en laat dit nou oornag brou tot Sassy se volle geurpotensiaal…môre sal ek ‘n kelkie skink en op my nugter maag en proe, daarna sal ek ‘n houertjie vul en deur die dag drink en soos my dogter sal sê, die komkommer ‘munch’…ja goed, ek sal aan die suurlemoen se skil knibbel.  Daar word gesê mens moet ook daarby ‘n lae-vet dieet volg, maar ek dink ek sal ‘n hoë-proteïene volg.

Gelukkig hou ek myself reg vir myself omdat dit belangrik is en vir niemand anders nie…daar word hoeka gesê dat die regte persoon op die regte tyd sal opdaag…en dan sal die lewe weer op ‘n ander wyse sin maak..

Wel, kom ons klink ‘n glasie op die positiewe, die lag en die vreugde…Ons klink ‘n glasie op dit wat vorentoe lê…

Geniet ‘n wonderlike aand en maak jou Sassy-water aan…hmm, dink net, aarbei of mango of lietsjie, perske, lemoen daarby…kan net lekker wees…

EkWasHier

IMG_0360.JPG

Love who you are Not what others want you to be but for your inner-being. Love yourself for being happy and content Be happy by being the person who you are. What other people want is their problem. They still have a long way to go… Let them be…they will get there, eventually. That is what this life is all about… Find your life lessons and learn all you can…