Jy wil gil, die ysbeertjies het ontsnap!! Dis koud en jy wil al wat jas is bo-oor mekaar aantrek, net om later weer van elk ontslae te raak.  Wel, dis wat ek doen.  Voor nege soggens trek ek jasse uit en net met my toppie of truitjie en dis genoeg.  Die mooiste tyd het my lewe betree;  die middeljare (as jy 50+ dit kan noem) en hot-flashes kruip nou gelukkig minder teen my lyf boontoe, maar tog, ek kry dit nog.  Na al die jare en hierdie tydperk is steeds die allermooiste tyd – Winter, nie net in seisoen nie maar lewe ook en moet sê, my lewensSomer lê vir my en glimlag en ek is opgewonde…

Winter, koud en sommer net awesome!  Dis beslis my weer diè.  My venster staan oop want ek wag vir my kietiekatte en my agterdeur bly oop vir my woef.  Nee, ek het beslis nie die experience van verkoue in my lewe nodig nie.  Hoe’s daai vir positiwiteit…ja lag;  maar ekke is gek oor die Winter. Mens is so geneig om oor alles te kla, maar elke lewe het ‘n Winter-tydperk…

Winter was seker vir 21 jaar…hierdie is beslis die jaar waar Lente my lewe betree het, en ekke is op pad na Somer.  Die mooi is besig om stadig my lewe te bekruip en ek kan nie wag vir die nuwe tydperk wat my lewe betree nie.  Nou, Winter kan miskien vaal, grou en koud wees…maar hoe verwag jy moet nuwe lewe gebore word indien die oud nie afsterf nie?  So beskou ek hierdie seisoen – Winter, die mooiste, mooiste seisoen wat mens voorberei op ‘n nuwe groener tydperk wat voorlê.

Soggens wanneer die koue so byt-byt en mense kla, voel ek hoe die briesie teen my vel streel.  Die blos ontstaan vinniger op my wange en ek voel hoe die koue my hande omvou.  Is dit dan nie die tyd om hitte weer te waardeer nie?  Die mis wat laag hang is nostalgies, dan wens ek, ek het tussen die berge gewoon.  ‘n Idilliese woudstreek, miskien ‘n reënwoud, waar mens tussen die mis kan verdwaal, die vars reuk van varsheid kan inasem. Die wonder van wasem wat by jou mond uitborrel wanneer jy asemhaal, iets wat in geen ander seisoen ooit sal kan plaasvind nie.  Hoe vinnig mens ook aantrek en nie dartel nie.  Dis ook wanneer jy ‘n stomende koppie Vanilla- of Hazelnut-Cuppachino meer geniet, sop waar stoom uittrek met ‘n roosterbroodjie daarby. Hot Chocolate met ‘n tikkie pepermentgeursel of dalk ‘n mashmallow daarin of dalk ‘n Chai-Latte met ekstra room…Snoesig onder die komberse met ‘n DVD, ‘n romantiese storie of dalk ‘n riller waar jy teen iemand vas kan nestel.

Wat meer kan mens vra in Winter as net die genade van God?  Daarvoor leef jy uit dankbaarheid, want so weet jy dat jou lewe ook deur seisoene gaan en as dit nie gebeur nie, hoe verwag jy dat jou lewe sal groei en blom?

Winter, die mooiste, mooiste seisoen.

EkWasHier en waar is jy??

xmass1

Winter maak alle ‘virusse’ dood sodat die nuwe jou lewe kan betree.