‘n Knickerball sê ek!  Ja, want hoe anders sou die lewe hard, lekker, taai, so uitgerek soms, soms ook so soet, soms val dit op die grond…gewees het?  As alles net maklik en seepglad was, waar sou ons vandag gewees het?  Ons sou in dieselfde ou plekkie gebly het, elke dag dieselfde ding gedoen het, dieselfde ou gewoontes gehad het. En wie soek dit?  Beslis nie ek nie.  Ek verkies die knickerball.

Deur soms die moeilike tye te gaan, die probleme deur te mergel, trane wat oor die wange vloei, brei die lewe dat jy is wie en wat jy is.  Soms kom die vraag van “Hoekom?” by jou op. Dis een vraag wat mens nooit sal kan antwoord nie, tensy jy gaan sit en dink aan wat jou lewensdoel werklik is.

Vir my kom die vraag op, waarom derdepartye?  Wat het hom gedryf om so iets te doen?  En wanneer ek myself genoeg verwyt het, kom die antwoord – dit was nie ek nie, dit was verloop van omstandighede.  Wanneer ons trou, is alles rooskleurig, dan word ons babas gebore en as Mama moet ons, ons aandag op die pragtige bondeltjie vestig.  Al ons aandag en tyd gaan in daardie bondeltjies in.  Later van tyd is tyd gaan dan met skoolwerk in en ons moet die kiddies help met hul skoolwerk ens.  Ons aandag is nie net meer, soos toe ons pasgetroud is, net op manlief nie, nou is dit totaal geheel en al verdeel in wie weet hoeveel dele.  Manlief gaan werk toe, kom tuis, soek sy kos en jy weet wat nog…vroulief is doodmoeg, soms deurnag sy met ‘n siek kind, met soveel tuiswerk en ook kids se huiswerk, moet help met take ens. En waar laat dit vir vroulief?  Uitgeput en doodmoeg, maar sy móèt maar net aangaan.  Dis waar manlief nie vroulief meer waardeer nie, selfs kids neem alles as vanselfsprekend aan en Mama swoeg om by te bly. In plaas daarvan dat manlief vir vroulief begin vertel hoe mooi sy eintlik is, gebeur die teenoorgestelde en daar bars die bom!  Freakin’ stupid bom!!!

My raad is, probeer om veel eerder ‘n oplossing te vind i.p.v. skei.  Skei los geen probleem op nie, inteendeel; dit skep probleme.  Ek het in my hele onderwysloopbaan nog geen kind gesien wat ongeskonde deur ‘n egskeiding gekom het nie.  SA het die hoogste egskeidingsyfer in die wêreld.  Ek persoonlik dink dat wetgewing verander moet word en daar ‘n versoeningstydperk moet wees vir ongeveer ‘n jaar waar berading deur ‘n kliniese sielkundige moet geskied en nie net berader nie.  Beide partye moet werklik commit.

Maar, deesdae wil mense vinnig skei, en ek wil bylas dat die gras miskien groener lyk aan die anderkant, maar (hahahaha) die mis is baie dikker en jy gaan vas sit.  Nie bietjie nie, sommer tot oor jou ore toe.  Die trane loop nou oor my wange soos ek nou sit en lag.  Lag is soms goed vir die siel ook.

Moet nooit sê – fonteintjie ek gaan nooit weer van jou drink nie. Elke ding wat jy waag, is ‘n kans in jou lewe, hetsy goed of sleg.  En waag daardie kans.  Jy sal nooit die uitkoms sien indien jy nie waag nie.  Die mooi in die lewe lê reg onder jou neus.  Deur daardie een treetjie in die toekoms in te gee, is al wat jy nodig het vir ‘n toekoms wat so rooskleurig kan wees.  Toe, waag dit, ek daag jou uit, maak jou hart oop en kyk die lewe vierkantig in die oë en sê: Lewe, hier is ek!  Miskien moet ek my eie raad volg, goeie plan…

EkWasHier

life4