Ek lê in Mediclinic Hospitaal …. Gister was nie ‘n goeie dag gewees nie. My hele lyf pyn en is blou gekneus

Ek het besluit om vanmiddag ‘n bietjie perd te gaan ry. Ek het dit vir sowat 30 jaar nie gedoen nie, altans ek dink dis so lank. Gedink dis tyd vir bietjie oefening, aangesien ek by die gym net my tone oefen, of op die flexibility masjien lë en slaap.

Wat ‘n fout!!! Ek moes twee keer gedink het voordat ek en my kind besluit het om perdry aan te pak.

Ek het opgeklim, die teuels vasgevat en begin ry. Die perd het op ‘n stadige galop gegaan, naderhand het die perd so vinnig begin gehardloop dat die stof so staan. Dit het gevoel of my hare vreeslik in die wind wapper. Eers het dit baie goed gevoel en die eerste paar sekondes was so maklik soos om roomys van ‘n klein kindjie af weg te neem.  Dit het nie vir lank aangehou nie.  Die perd het ‘n wil van sy eie gehad.  Ek kon nie die pas volhou nie en het af geval.  My voet het was in die stiebeuel vasgevang en die perd het my gesleep en wou nie stop nie. Dit het soos ‘n eeu gevoel.  My wind was skoon uit van die val en huil. Die perd het my al in die rondte begin sleep. Ek het soos ‘n waansinnige geskreeu. Ek was vreesbevange soos min!!! Wat het my besiel?  Ek het nie vir een oomblik gedink ek gaan dit oorleef nie.  My lewe het voor my verby geflits, en gewonder wat van my kinders gaan word.  Ek was nog nooit so bang in my lewe nie.

Dankie tog, gelukkig is daar nog mense wat jou help indien jy kniediep in die moeilikheid is.  Die bestuurder van Fantasia-games, te RiverSquare, het dit gesien en dadelik my te help gesnel.  Hy het soos Usain Bolt uit sy kantoor gestorm, sy groot maag het gedril soos hy gehardloop het om my te help.  Rooi en uitasem het hy daar aangekom.  Hy het onmiddellik die prop uit die muur geruk. Mens kon die vuurwerke sien, soos die prop uit die muur geruk word.  Uiteindelik het die perd tot stilstand gekom. Daar was eers ‘n doodse stilte, daarna ‘n geskater van die lag en ‘n handeklap.  Seker maar omdat ek nog gelewe het en geen been gebreek het nie, maar wel aan skok gely het.

Ek gaan nie weer daardie perd ry nie!!!!!!
Die bus wat daar is lyk baie veiliger, en die deuntjie is baie kalmerend.

Dis goed om te lag, is dit nie?

EkWasHier

F@#$%

Dis hoe dit vir my gevoel en geklink het…..!!!!