Ai, wanneer jy jou darem vervies en jy omdraai en loop, voel dit soms of jou nekhare rys soos mense jou aangluur.  Oë wat jou van agter deurboor, maar jy loop.  Nee, ek word nie meer kwaad nie, vervies my soms, maar dinge pla nie regtig meer nie.  Hoe onthou ek nie daardie dae toe ek dit gedoen het nie.  Eintlik wil ek lag daaroor, want vir wie is ek dan eintlik kwaad?  Net vir myself.

Ek kom ook agter dat indien iemand kwaad is, is dit nie vir die ander persoon juis nie, maar iets wat jy in daardie persoon iets van jouself opmerk. Ek dink wanneer mens kwaad word, moet jy giggel, omdraai en loop en vergeet daarvan.  Soms het mense slegte dae en i.p.v. die probleem te verwerk haal mense dit op ander uit.  Ek dink dis verkeerd, dis soms beter om die minste te wees.  Daar uiter ek nou my Mama se woorde.  Sy het altyd vir my vertel om die minste te wees en stil te bly.  Nie dat ek myself aan haar daardie tyd gesteur het nie, maar nou glo ek aan dit wat sy gesê het.  Stilbly is soms ‘n beter antwoord.  Stilbly laat die ander een wonder waarom jy nie terug antwoord nie, waarom jy nie daaroor redeneer nie.  ‘n Glimlag daarby, maar van jou soms die beter een.

Al hierdie lesse het ek maar die afgelope 6 jaar geleer.  En dis iets wat ek in alle geval nooit sal vergeet of wil vergeet nie.Soms moet mens meer vir jou eie siel doen om jouself te beskerm, om jouself die vrede te gun.  Indien jy daardie vrede vind, dan kan mense maar lekker om jou kwaad word en dit sal jou nie pla nie.  Inteendeel, jy sal werklik die innerlike vrede ervaar wat nodig is.  Die mensdom het innerlike vrede nodig.  Innerlike selfrespek, innerlike liefde vir jouself.  Ek dink dis die vrede waarvan Jesus gepraat het.  En daardie vrede kan nie verduidelik word nie.  Lewensuitkyke verander, jy kyk met nuwe oë na die mens en die lewe.

Dus giggel, draai om en loop en weet, wat in ‘n ander se gemoed aangaan het jy geen beheer oor nie.  Geen beheer oor emosies wat in ander se lewens aangaan nie.  Geen mens het die reg om vir jou voor te skryf nie.

Gaan, giggel en geniet jou vrede…

EkWasHier

NS.  Die spreekwoord lui:  Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen…ek wil bylas, giggel en trek almal om jou rond aan want hulle sal nuuskierig wees omdat daar ‘n glimlag aan jou mond vassit.

 

ekkw