Gisteraand kom die boodskap op my Whatsapp deur…Pierre soek vrouens van so 40 jr oud, vir ‘n sepie op SABC3!  Ek kontak hom en vra of 54 dalk te oud is; nee wat, my foto lyk goed en ek moet om 6:30 by Emmarentia Dam wees; hv. Louw Geldenhuis en Olifantstraat.  So gesê so gedaan.  Om 10 die aand pak ek die 5 stelle klere, van elegant tot casual, skoene ens.

Vroeg vanoggend staan ek op en maak klaar, kwart oor 5 val ek in die pad.  Verkeer was nogal hewig vanaf Walkerville en suide van Johannesburg – M1.  Daar gekom, was daar niemand en ek kontak Pierre, net om te hoor dis in Komatiestr.  103.  Maklik gevind en ek wag maar so ewe geduldig.  So begin die oggend.  Ek ontmoet vir René en dadelik kliek ons.  Die restaurantjie maak oop en ons vind dis ‘n volledige gesondheidswinkeltjie.   Yeah, uiteindelik vind ek Bee’sWax…die primêre bestanddeel vir my roompies wat ek maak, en Agar Agar, dis iets amper soos gelatien, net meer suiwer en gesonder.

Later staan ons so rond en word verwys na waar die crew staan.  Ons klere was heel skaflik vir die eerste shoot.  Terwyl ons daar rondstaan, word ontbyt vir ons aangebied.  Daarna word ons by tafeltjies geplaas en ek land by ‘n pragtige jong dametjie wat van Kimberley af kom.  Die akteurs sit agter my en ons kry ‘koffie’.  Julle,was die ‘koffie’ ‘n belewenis.  Swart koffie maar eintlik was dit net Coke.  Die restaurantjie was eintlik baie cosy.  Daar is tot warm kombersies om die bene warm te hou.  Kyk, ek het nie eens op daardie stadia geweet dis vir die sepie Now or Never nie.  Ons moes mimiek toepas en het dit nogal geniet.  Die shoots was van alle hoeke afgeneem.  Daarna moes ons weer ander klere aantrek.  Dit was woerts-warts en ek het sommer net ‘n ander baadjie aangetrek vir nog ‘n scene.  Dis toe ons ‘wyn’ kry.  René kry wit wyn en ekke rosé.  Dit was ongelooflik lekker wyn.  Hehe, ja julle kon seker nou al geraai het, Coke vir koffie en druiwesap vir wyn.  Die akteurs het by die eerste restaurant slaai geëet en verbasend hoe die kos gehanteer is.  Daar was ‘n paar borde slaai.  Een volle, volgende halfpad en laaste so klein bietjie wat oor was…so is elke scene geskiet, soos ek gesê het, verskillende hoeke wat geskiet is.  By die tweede restaurantjie het die twee akteurs wortelkoek geëet.  Jinne, dit was so hoog en bietjie breër as blikkies met ‘n wit versiersel om, versier ook met gekapte neute.  My mond het behoorlik gewater.

Daarna moes ons volgens almal dam toe gaan, maar net om daar uit te vind dat dit die verkeerde plek is.  Gelukkig vir ‘n selfoon, het ons Melville toe gery.  27 Boxes of so ‘n plek.  Sjoe, die winkeltjies is almal in containers, so lyk dit en lyk asof dit 2 vloere bevat.  Daar is ‘n shoot gedoen, ons was nie betrokke nie.  Middagete is toe bedien.  Ek het gegeurede geel rys, met koolslaai en mengelslaai gekies.  Daar was ook wit rys, kapokaartappels, viskoeke en beesgoelash.  Ek moet sê, die rys en slaai was heerlik.  René het vir haar ‘n Coke Zero gekry en vir my Sparkling Water.  Daarna word ekke geroep en moes ‘n shoot doen in ‘n tweedehandse boekwinkel.  Ek moes maar boeke soek en verbeel ek browse die boeke.  Was daar interessante boeke; boeke oor drome, geestelike boeke, storieboeke, historiese boeke, fantasie, woordeboeke, digbundels, kunsboeke, letterlik iets oor alles.  En baie, baie netjies, selfs Melville se strate was skoon en netjies.  En raai, geen potholes nie.  Dit was nogal opvallend.  Die infrastruktuur is baie goed en in puik gehalte. Buite het ons die mees interessantste boom gesien.  ‘n Onderstebo boom en sy wortels na bo, en bo-op die wortels – wat al uitgedroog is – grasgroen spriete wat daar groei.  En ook tussen die plaveisel ‘n eensame blommetjie was haar koppie skaam-skaam uitsteek.  Die natuur bly maar mooi.

Daarna is ons toe in ‘n konvooi dam toe.

Ons het net daar rond gedartel en is so voor 5 terug na die restaurantjie.  René se motor se battery was bietjie pap en ons het dit gejump-start.  Daar was ‘n swartman wat ons dadelik kom help het.  Ons weet nie wie hy was nie, maar dankie vir jou hulp, jy was ‘n ware gentleman.  Terug in ons motors en ons het die pad huis toe aangedurf.

Sjoe, wat ‘n pad!  Vandat ek op die snelweg geklim het by Empire M1, tot om en by Southgate het ons bumper-teen-bumper gery.  Sommige plekke so stadig, sweer ons sou die motors weg kon gedraf het.  ‘n Regte slakkepas.

Naby Roshnee was die velde in sterlig en skade soos ‘n vuur die veld verbrand het, dit was maklik ‘n 100 meter stook lank.

Na ongeveer ‘n uur en ‘n half het ek veilig tuis gekom en is dankbaar om tuis te kan wees.  Moeg, gedaan en tevrede het ek onder die stort ingeval…nou kan ek die aand rustig deurbring en warm gaan slaap.

EkWasHier

 

IMG_20160628_100550IMG_20160628_152029.jpgIMG_20160628_172751.jpg