Wel, sit ek en dink, dis so raar dat mense lief raak vir iemand en lief vir die persoon bly.  Dis asof die mensdom net nie meer saam wil groei en saam oud wil word nie.  Kyk daar is nog ‘n handjie vol wat dit wil doen, maar vir baie is daar net nie meer daardie ‘iets’ wat hulle wil insit om die lewe tot die einde wil deursien nie.  Is daar nog daardie gevoel van dat jy iemand heeltemal wil leer ken en te weet wie en wat die persoon is?   Wat is sy gunsteling kleur, gunsteling kos, gunstensteling tydverdryf ens. nie…

Tweedens wonder ek nou, sal my volgende verhouding lewenslank hou, of sommer net ‘n fly by night wees.  Ek soek dit nie, sal ook nie sommer in ‘n verhouding val indien dit nie ‘n goeie vaste goedgeboude verhouding is nie.  Is dit so veel gevra om iets vir ‘n leeftyd te soek, iemand wat ek kan vertrou en kan gesels en vertrou.  Iemand wat my nie afkraak of my kuns kritiseer nie.  Ek het beslis nie aandag en affeksie nodig om my goed te laat voel nie.  Ek voel klaar dankbaar vir alles wat ek het.  Ek voel klaar menswaardig…maar ek soek iemand wat my kan aanvul.  Ek weet ek sal altyd dankbaar en tevrede voel met iemand wat my raaksien vir wie ek is.

Derdens wonder ek ook of daar tog mense is wie ek volkome net kan vertrou. Ja, dis deesdae baie gevaarlik om sommer iemand te vertrou.  Soveel wolwe in skaapklere. Soveel mense wat voorgee.  Ek sal wel my alles gee, sodra ek Mr. Purrfect ontmoet.  adults

Ek is beslis nie in om net een van hierdie bogenoemde na te streef nie, ek sal myself in ‘n verhouding laat bind, vir al bogenoemde.  Maar tot dan, sal ek geduldig wees en wag vir die regte persoon en regte tyd, dit kan tog nie uitbly vir ewig nie.  Dit sal wel die een of ander tyd tog gebeur.  Miskien is ek soos Lea en Ragel, sewe jare wag vir die regte persoon…gelukkig is ek al ses en ‘n halwe jaar alleen…