Sit ek en lag vir myself…regte blindemol…

Vanmiddag het ek ‘n cuppachino’tjie by Wimpy gaan drink.  Iemand ontmoet, baie nice en vriendelik.  Elke keer wanneer ek iemand ontmoet beleef ek ietsie anders, soms lagwekkend en soms oe eh eh, net nee.

Ek het vir hom gewag en toe hy daar in sy 4×4 twin cab daar aankom, was ek effens senuweeagtig, maar het oorleef.  Ja, hy het oor sy vorige verhouding gepraat.  Dit het agt jaar geduur en was verhouding oor die naweke.  Persoonlik sal ek dit as verkeerd beskou, maar alles gebeur maar met ‘n rede.  Mense ontmoet ook nie ander sonder rede nie.

Wel, so het ons begin gesels…en ek is geen flirt nie, ek weet nie eens meer hoe nie.  Nevermind my wimpers fladder.  Net gesels.  Cuppachino bestel en ek natuurlik soos gewoonlik baie ekstra warm melk.  Sterk koffie is net sleg.  So tussen die gedrink deur het ons lekker gesels…

Toe kom daar ‘n oproep en hy moes dit neem.  Bloos die man toe bloedrooi en oe en aah en sê hy sal later skakel.  Nou die wonder, is die man dan getroud, soek hy ‘n flirtasie…of wat?  Tuis gekom bel hy en verduidelik die hele storie.  Net ‘n vriendin, maar so iets pla my net mooi niks.  Ek glo dat wanneer iemand iets aan iemand anders doen wat nie reg is nie, tref dit daardie persoon dubbel en dwars.  Maar terug by die gesprek.  Ek het lekker gesels en dit was aangenaam om hom te kon ontmoet het.

Nee, almal is verkeerd, en die wie my ken weet dat dit my lank neem voordat ek verlief raak.  Ek is oop koppie en val nie maklik vir enige stories nie.  En, indien hy die persoon is wat my lewe gaan vul, sal ek eers die persoon leer ken en nie in ‘n verhouding val nie.  So, moenie bekommerd wees nie, dié poppie staan vierkantig op haar twee voetekies.

Wanneer iemand my lewe binnestap sal die Almagtige my hart stadig oopmaak en ek sal die regte besluit maak.  Ek sal dan gelukkig wees…intussen is ek dankbaar vir ieder en elk wat my lewe binne kom.  Woorde wik, God beskik.

EkWasHier

ag issit.jpg