Matriek afskeid is eersdaags hier, die tyd vlieg behoorlik verby.  Ek het die voorreg gehad om saam na rokkies te gaan kyk saam met een van ons matriekdogters. Toe ons daar aankom is ons hartlik verwelkom en C kon uit ‘n hele paar rokke kies.  Sy kies toe 3 en begin aanpas.

Die eerste rokkie was spierwit met bling om die middeltjie en met kant van silwer en wit na onder.  Pragtig soos ‘n prinsessie, die tweede rokkie was ongelooflik mooi, so see-groen maar ongelukkig effens te klein.  Die derde rokkie was so bruinerig met roomkleurige blaartjies aan die bo-stuk en onder met net en materiaal van roomkleurige matriaal onder.  pragtig maar nie vir haar nie.

Sy het besluit op die wit prinsessie rokkie.  Persoonlik dink ek dit gaan absoluut ‘n feeverhaal matriekafskeid vir haar wees.  Die juwele wat sy gaan dra sal silwer wees.  Sy het my vertel hoe haar hare gaan lyk, silwer om by die rok te pas.  Ek stam saam, die goud pas beslis nie by haar nie.  Sy gaan haar blond-bruin hare in sagte krulle laat stilleer en ek kan nie wag vir die 29ste September nie.  Sal beslis foto’s neem.

Daarna my rekenaar ingeneem en toe gewag vir die rekenaar.  Ons was by D’interieu Art Decor and Gift winkeltjie en ietsie daar gedrink en ‘n tjoklit-brownie gedeel, met heerlike room daarby.  Die brownie, ek wou nie ‘n klein stukkie gehad het, was warm en het op die tong gesmelt.  Gevoel of mens in ‘n sprokies, lekkergoedland is.  Warm brownies smelt soos warm sjokolade op die tong.  Yummm…

Die dag was ‘n voorreg, dit was werklik ‘n daggie wat iemand laat glimlag het.  Ek begin al self uitsien na die afskeid.  Om ons Poppeloppe te sien ontpop in pragtige jong dames en ook die galante jongehere wat hulle gaan vergesel.  Voorwaar, dit gaan ‘n uithang geleentheid wees.  Om die aand vir my besonders te maak, gaan die man in my lewe, my seun M, ook mtriekafskeid toe.  Sy laaste jaar op skool.  My kinders is nou groot – wens soms ek kon hulle nog klein gehou het, maar so gaan die lewe voort. Sal seker ‘n traan weg pik en sorg dat niemand dit sien nie.

Elke Poppelop wat haar matriekafskeid rokkie gaan kies, mag jy soos die prinses voel wat jy werklik is.  Glimlag, want dis ‘n aand om nie te vergeet nie.

EkWasHier