Orebela Gbenga het baie quotes geskryf maar die een wat my die meeste geraak het was:  maak nie saak hoe seer dit gemaak het nie, dis tyd om aan te beweeg.  Soms voel jy die pyn oor en oor en in verskillende grade, maar dit is tyd om op te hou dink aan die persoon wat met jou gevoelens gespeel het.  Hy het jou beslis nie waardeer of vir jou omgegee nie.  Hy was beslis ook nie tevrede om by jou te wees nie, ook nie tevrede met wat jy vir hom gebied het nie…

Dink jy dat jy nogsteeds in hierdie seer omstandighede moet delf en bly?  As jy mooi daaraan dink, dis tyd vir aan beweeg.  Ek luister na Carol Tutle se een video en sy het dit so mooi gestel…en die een vraag was, wat wil jou siel vir jou sê wat jy tog moet doen bo alles?  Onmiddellik het ek JOY in my gedagtes gekry.  En dis tog wat die lewe die moeite werd maak.  Vreugde in alles wat jy doen.  Nou vir wat wil ons nog in daardie seer gedeelte bly?

Jy hou aan met die trane oor iemand wat jou beslis nie verdien het nie.  Skurk!  Of sal ek sê wat ek altyd sê wanneer ek so voel?  Goed, die Bliksem!  Daar, ek het dit gesê.  Glimlag, hy verdien nie daardie glimlag, daardie goedheid binne jou nie.  Hou op om jouself te bejammer en begin JOY ervaar in jou lewe.  Dink jy vir een oomblik hy sit en bejammer hom oor jou?  Nope, hy is besig om homself so te geniet, maar, ja daar is ‘n maar.  Maar, daar sal ‘n tyd kom wat hy sal besef wat hy verloor het, dan is dit te laat.  Dan het jy alreeds besef wat ‘n blessing dit was.  Jy het gegroei en jy sal straal want jy sal vol vrede, vreugde en geluk wees.

Jy kan hom beslis nie dwing om in ‘n verhouding met jou te wees nie, anders sou hy daar gewees het.  Dink jy nie jy verdien meer as dit nie?  Jy verdien om geluk te ervaar, jy verdien die vrede wat alle verstand te bowe gaan, jy verdien om te lag dat die trane loop.  Jy verdien daardie spesiale een wat nie met jou hart speel nie, maar dit sal oppas soos ‘n stukkie porselein en dit vertroetel en jy sal veilig voel en tuis natuurlik.  Soos jy jou knie nerf-af val,  en dit genees met tyd, so sal jy genees, later met bietjie TLC sal daardie wond ook genees wees.  Raai wat, die Eerste Wêreld Oorlog was erger, daar was mense dood…jy het die seer ervaar, die pyn wat jy nooit gedink het sal weggaan nie, jy het jouself gevind.  Wil jy werklik weer daardie gevoelens ervaar?  I don’t think so…

So lig ons, ons koppe en ons glimlag en weet, die lewe het mooier dinge.  Al wat ons moet doen is ons harte oopmaak en soek, alles kom na jou met tyd.  Moenie oorhaastig van een verhouding in ‘n volgende val nie.  Sien jou lesse raak en weet daar is iemand daar buite wat jou waardig is.  Dus NEXT!!!  Wonder wie gaan dit wees?

EkWasHier