Nog ‘n paar wonders…Ek wonder hoekom ek wonder.  Ek wonder omdat ek daarvan hou om vrae te vra.  Ek wonder omdat nuwe dinge my prikkel.  Ek is nie tevrede met oppervlakkige geselskap nie.  Ek is nie tevrede met die gewone allerdaagse chit-chat nie.  Ek wil meer weet.

Waarom word dieselfde foto van die Aarde sedert 1972 gebruik en nog nooit verander nie. Ek wil weet wie het werklik die Aarde se lae getoets en werklik bepaal dat die Aarde ‘n mantel en die binneste  kern smeulende warm lawa is…en dit is slegs ‘n bespiegeling.  Dis nie werklik vasgestel nie.  Ek wil weet wat gebeur na die dood.  Ek wil weet waarom die gewone mens nie Antartika toe mag gaan nie.  Ek weet dat Brigadier Richard Byrd gesê het dat Antartika so groot soos middel Noord-Amerika is…en wanneer jy Noord-Amerika meet en die middelpunt van Antartika neem, dan is Amerika maar so groot soos ‘n 50c munt teenoor die grootte van ‘n piering.  Dit is  bewys deur die latitude en longitude grade te gebruik en dit gemeet vanaf Antartika se middelpunt.  Kyk, dan moet Antartika se grootte groter wees as wat die mens wel dink. Brigadier Byrd  het met ‘n hele vloot en lugmag Antartika toe gegaan vir ‘n ekspedisie van so 3 maande, dit was net na Tweede Wêreld Oorlog.  Waarom is hy na bestek van ongeveer 3 weke terug met helfte van sy vloot en lugmag…Wonder ek nou wat dit was.  Die Duitsers het Nieuw Schwabenland ook daar in Antartika begin…en waar het die Duitsers hul idees vir al hul tegnologie gevind??

Ek wil weet waarom die United Nations se wapen ‘n ander tipe kaart bevat as die gewone wêreldkaart.  Ek wil weet waarom vroeëre skeepsvaders, soos Orlando Ferguson (1800’s) en ook die oudste kaart wat gevind is wat in 1963 gevind is en dateer 6100-6300BC. Dis in die vulkaan van Anatoli gevind.  Selfde kaart as die UN. So kan ek aangaan en name begin noem en dit vanaf VC tot hede.

flat earth

Ek wil weet hoekom sekere dinge op Google Earth soort van uitgeblok is.  Dit is net ‘n wit blok en ek wil weet waarom word die GPS afgesit wanneer vliegtuie oor die see vlieg.  Ek wil ook weet waarom vlieg die vliegtuie nie direk Australië toe nie.  Dis veel korter as Europa en Asië om.

airplane routes1

Wanneer ek so begin wonder, dan wonder ek ook dat meeste dinge wat ‘bevind’ is, bespiegelinge is, teorieë wat mense bepaal het, maar nie werklik bepaal het deur dit fisies te doen nie.  Vat bv. vir Nicolaus Copernicus wat gedurende die Renaissance gelewe het, ‘n wiskundige en ook sterrekundige.  Hy het ‘n model van die Aarde geformuleer  waar die Son die middelpunt van die heelal is.  Dit was in die laat 1400’s en vroeë 1500’s gewees.  En om die nuuskierigheid van my verder te prikkel, hy het dit geformuleer en nie werklik bewys nie.  Nou wonder ek, al die teorieë is gebasseer of mense wat hul idees geplaas het en ons leer ons kinders dat dit die waarheid is en nie werklik bewys was nie…wonder maar net…

Ek wonder ook waarom Hitler die Ariese Ras in die Himalayas gaan soek het?  Volgens bewering het hulle wel ‘n ingang gevind wat na diep onderaardse gedeeltes gelei het.  Wie was hierdie Ariërs?  Waarom so ‘n naarstigtelike soeke? En met al die conspiracies wat in die wêreld aan die gang is, wie sê dat Hitler werklik selfmoord gepleeg het?  Wonner manet…

Ek wonder oor lewe op ander planete.  Ek wonder of die maan nie dalk net ‘n sateliet is waar daar dalk lewe binne kan wees nie.  Ek wonder oor die sonnestelsels, soos Andromeda, Sterrestelsels en -clusters soos  Pleiades, Orion, Suiderkruis ens.  Is daar lewe daarbuite?   Job in die Bybel het juis verwys na die sterrestelsel van Pleiades.  Job 38:31 “Can you bind the chains of the Pleiades?

sterre

Ek wonder soms wat God van die mensdom dink wat so judgmental is, wat moor, lieg, wat egosentries is, wat haatdraend is…ek wonner manet.  Ek wonder ook of God nie net Sy kop skud en ons bejammer vir ons selfsug nie.  Ai, ek sal seker wonner tot ek die dag aan die anderkant is, dan sal ek alles weet.  My soeke sal dan tot ruste kom…

Fassinerend

EkWasHier en wonner steeds