Aarde, die mense is seker vanaand besig om voor te berei vir nuwemaan…ek sit en lag te lekker vir almal se doen en late.  Faceboek krioel met die snaakste postings vanaand…wag, kom ek vertel.

Die een man plaas net goedjies oor die liefde, dat liefde wel kom, dis iets wat met tyd kom, gebind met ‘n silwer draadjie. Dis eintlik baie mooi soos hy dit stel.  En ek voel dat die soeke na die regte persoon kom wanneer jy ophou soek.  So jammer dat meeste mense wind najaag, so naarstigtelik liefde soek, en soms die verkeerde vind.  Vir hierdie man wens ek werklik ware liefde toe, want soos hy dit stel, klink dit mooi en blywend.++

Nou die volgende een skryf die hele tyd oor gevoelens en hoe hy nie vir ‘n ride gevat sal word nie.  Behoede en beware die een wat dit doen.  Jou selfbeeld sal skade ly as hy klaar is met jou.  Hehe, giggel ekke, wonder of nuwemaan dan ‘n invloed kan hê.  Oeps, netnou begin weerwolwe rondloop…

fase van maan

My pa het altyd gesê:  You can fool some of the people some time but you can’t fool all of the people all of the time nie…dus moet mens maar meeste FB goed met ‘n knippie sout neem.  Mense lewer kommentaar sonder om werklik die persoon te ken.  Soms plaas mense dinge wat diep uit hul wesens kom, soms net ietsie ligs.  Soms ietsie wat dalk op iemand anders van toepassing en soms nie.  Ai, die lewe is te kort vir beuselagtighede.

Selfies, ai, ons mensdom lief selfies so.  Maar sommige mense plaas niks anders as ‘n selfie nie, met bewoording daarby.  En dit word hier bietjie geedit en daar geedit.  Die oë bietjie blinker hier en blouer of groener daar…Sug!  Die Ou Testament het juis voorspel dat die mens eendag homself bo alles sal stel..seker die selfie-era!  ..♫♪♫..kiss me (myself), honey honey…♫♫♪…kiss me (myself)…♫♪♪…ehm…nie dat hy nie aantreklik is nie…maar nogsteeds…

En dan nie eens te praat van die foto’s wat geneem word en gesiggies van die Pikkewyne wat getrek word nie…skewebek, rekbek, tuitbek, rondebek – sommer alle vorme van bektrekke.  LOL, vermaak se kinders.  Tonge wat uitgesteek word, in die kies gedruk word, tuitlippies en tande wat wys van die lag.  Dit is nogal heel kreatief, moet sê.

cover weird me limited edition

Diere, diere en diere…party is so awesome en ander weer vreeslik hartseer.  Dit het my aangeraak waar honde soos hoenders in hokke gedruk word en nie eens behoorlik kan asemhaal nie.  Dit breek my hart om te sien hoe hulle ly.  Druk liewers die mense daarin wat dit aan die arme diere doen. Bitter hartseer, dog verblydend is die diere wat in valstrikke gevang word of in gevaar is, mense daag op en red die diere.  Daar is nog mense wat goed aan ander doen. Dan is daar die manewales van diertjies, en telkens geniet ek die kietiekatte die meeste.

Quotes wat geplaas word, baie oulik, baie leersaam, baie wat die denke laat dwaal, baie lagwekkend, baie sommer manet.  Yap, ek is ‘n quote mens. Geniet dit baie!

Ek geniet ook die postings van mense se doen en late.  Waar hulle is, wat hulle doen en plekke wat hulle besoek.  Solank hulle my klip onthou, is ek baie gelukkig.  Ek versamel klippe en meeste mense weet dit.  Dus kry ek ‘n klippie van waar hulle was, en as hulle die plekkie se naam opskryf, des te beter.

facebook icon

Dan is daar die beste een wat net vol nonsens praat is…soos die een:

Vandag uiteindelik goeie nuus gekry!
Ons het soooo lank hiervoor gewag!
Ons trek New York toe.
Ons vlieg die 30ste Julie! Ek het dit stil gehou, want ons wou verseker weet dat alles goed sal verloop en ons wou finaal weet dat alles regtig goedgekeur gaan word. Ek het ‘n ongelooflike beurs gekry by ‘n kunsskool daar. ‘n Mens moet iewers begin. En die is my begin! ‘n Nuwe begin in my lewe. Ek wou soveel van julle in persoon gesê het, maar ek kon nie. Ek wil niemand onnodig sê en dan het niks daarvan gekom nie. Ek het toe besluit om julle almal op Facebook te laat weet daarvan. Dis makliker. Ek sal niemand van julle vergeet nie! Ek gaan my beste vriende en familie hierdie kant verskriklik verlang. Ons almal het amazing herhinneringe saam. Julle het almal ‘n baie spesiale plek in my hart. Dankie vir al die onvergeetlike tye. Hierdie is nou maar my groet aan elkeen van julle. Ek belowe ek sal kontak met niemand verloor nie, want die post is eintlik nie waar nie! ‘n Vinnige strontpraat sessie vir jou wat dit nou gelees het. Ek dink jy moet dit gou-gou copy en paste, net om te sien wie eintlik jou post lees tot die einde toe!

Facebook is beslis vol vermaak.  Dis soos ‘n sepie vol liefde, leed, haat, woede, geluk en baie lag. Wat my sommer laat aanhou scroll is wanneer ek die volgende lees….”as jy …dan sal jy Yes tik en share…” Ag, bog…ek sal nie.  Gee vir my die goed wat jou verstand prikkel en ek geniet myself gate uit.  So is elke persoon, elkeen het sy voorkeure en afkeure en ek respekteer ieder en elk se kommentaar.  Maar GEEN NEGATIEWE KOMMENTAAR SAL VAN MY KANT AF KOM NIE.  Karma wil ek nie aan die verkeerde kant van die draad sien nie…te bang vir haar…dus doen goed aan ander…

So geniet ek Facebook…elke dag ‘n nuwe episode, nuwe dag, nuwe postings.  Ek luv dit…maar ek luv nie die games wat gespeel word nie, daarvoor het ek ‘n selfoon en speel Bubbles daar en Solitaire…lol, dit verveel my so dat ek vinnig aan die slaap raak.

Laat ek weg wees…Facebook wag

EkWasHier