Soms klou mens vas soos ‘n neet aan ‘n wolkombersie!  Dan vra jy jouself af, hoekom?  Weet jy, daar is ‘n baie groot verskil tussen vaskou en sommer net om te laat gaan.

Om vas te klou soos ‘n neet het baie nadele.  Jy verloor die mooiheid van jou binneste, die innerlike wat maak wie jy is.  Soms verander daardie ‘neet’ jou siel en jy is nie meer die een wie jy moet wees nie.  Dit vergiftig jou denkwyse, jou liggaam, jou skoonheid. Jy kwyn weg en telkens word jy kwaad en beleef elke herhindering oor en oor en dit maak jou sian is jy vasgekluister soos ‘n gevangene in solidariteit, ‘n koue sel, ‘n eensame donker tyd. Deur vas te klou maak jou oud voor jou tyd.  Ja, dan sit jy vinniger op die ouetehuis se stoepie en wag want terugkom sal dié wat geloop het nie weer terug kom nie.

Om los te maak van dit wat nie meer vir jou bestem is nie, laat jou las soveel meer verlig.  Jy word vrygemaak van vergiftende idees, mense en selfs jou geloofsisteem.  Raai wat?  Dit maak plek vir iets veel mooier in jou lewe.  Ietsie wat lankal wag om net te blom. Daar is alreeds ‘n saadjie wat begin ontkiem het in jou toe die idee vlam gevat het in jou gedagtegang.  Dink net, die opwinding van nuwe romanse in jou lewe, of dalk nuwe diertjie wat jou lewe vol maak, of dalk ‘n nuwe werksaansoek, nuwe idees…dink net hoe jou hele wese nie smag vir genesing en geluk nie.  Dink net die vrede wat jy dan gaan ervaar.  Yap, Letting go maak plek vir soveel mooi en opwindende dinge.  Jy het die wêreld aan jou voete, jy voel of jy alles kan vermag.  Dis nie meer trane en lang gesigte nie maar vrolikheid, glimlag asof die kat jou melk gesteel het. Lag uitbundig, laat mense maar wonder hoekom jy so vir jouself sit en glimlag, dis immers soveel lekkerder om geen stres of swaarmoedigheid op die bors te dra nie.  Life is life, live it…one life…live it now!

laugh as much as you breathe

Vasklou is soos om die self binne jou te begrawe, te sukkel om voort te beweeg…a nee a…moenie jou lewe verkort vir bog nie, lewe en laat leef…laat daardie siel, daardie hart wat smag en soekend is vrygelaat word en vind hoop, geloof en liefde.  Herinner jouself net daaraan dat jy beslis nie ‘n swakkeling is nie maar ‘n pragtige, wonderlike persoon wat groei.  En as iemand die vermetelheid het om jou geluk te kom steel, gryp hom sommer aan sy strot of wag…glimlag liefies en antwoord dat jy beeslis niemand se permissie nodig het om gelukkig te wees nie.  En dit voel net goed en reg om gelukkig te wees.  En wie het die persoon hoofseun/dogter gemaak om keuses vir jou te maak?

Daarom, dank God, dat hierdie probleme jou pad gekruis het, anders sou jy nooit die vrede gevind het wat jy nou het nie.  Wel, hier praat ek van ondervinding.  Die vrede wat ek ervaar is iets wat ek nie kan verduidelik in woorde nie.  Dis amazing, awesome, onbeskryflik, veroorsaak ‘n vloed van glimlag binne my, denke van vreugde en selfs vergifnis en aanvaarding.  Laat jou vrede jou lei…jy verdien om die persoon te wees wat jy bedoel was om te wees.  Jy is uniek, jy is vrou, jy is pragtig, jy is…jy is net.

Bly so!

EkWasHier