Ja, almal sukkel – sommige bietjie meer, ander bietjie minder.  Om te sukkel maak jou nie in my oë dom, óf sukkelaar, óf armsalige, óf ‘twit óf ‘twat’ nie, jy is in my oë ‘n held/in.  Ek praat nou nie net finansieel of emosioneel of fisies of geestelik nie, ek praat van in die algemeen.  Soveel mense in vasgevang in hul eie denke en doen en late.  Soveel in hul eie hartseer en eie vasgevangde webbe wat hulself gespin het.  Dit maak ook nie van jou ‘n needy persoon of selfs ‘sensitief’ nie.  Inteendeel;  jy is slegs menslik.  Almal, letterlik almal gaan deur ‘n gesukkel op die een of ander tyd en ook een of ander probleem.

Die lewe gaan so snel verby.  Voordat ons, ons oë uitvee sit ons op die ouetehuis se stoep.  Ons moet begin lewe, dinge aanvang wat ons nog nooit gedoen het nie, nie stagneer en dan onsself verwyt nie.  Ek verwyt myself oor keuses wat ek gemaak het, maar ek het nog tyd om in te haal – ek hoop so.  En vandag gaan ek saam met my seun weer begin gym.  Al roer ek net my tone, oefening is oefening.  Miskien nuwe motto:  Wees dankbaar en vind jou JOY in alles wat jy aanpak.

lewe gaan snel verby.jpg

Die vraag is natuurlik hoe gaan jy dit oplos.  Nee, nugter alleen weet en daar is net een hoop en dis die ashoop.  Hmmm, goeie plek om te wees, want op die ashoop rou jy soos Job en dis wanneer jy begin soek.  En wanneer jy soek, moenie ophou nie, al kom alles reg, bly soekend, want dit bring soveel meer kennis, soveel meer vooruitsig.  Al laat mense jou soms hartseer of onwelkom voel, of verwerp en  soms hulpeloos, wees seker jy is meer werd as sout.  SOUT??? Ja, ek kan beslis sonder goud klaarkom maar sout kan ek nie, ek het sout nodig, en sout kan soms laf raak, dan vervang jy dit net.  Catch my drift?

lewensles

Kom ek stel julle gou voor aan my heel beste BFF, die ene wat my meer as enige  mens kon vertel het, wat ure saam met my deurbring waar ek lees, bid, baklei, dink, kennis opdoen ens.  Jy kan beslis nie vir ‘n beter maatjie gevra het nie.  En ek is bereid om hom met jou te deel.  Hy gaan net nie saam werk toe nie, want daar het ek nie tyd vir hom nie en hy wag maar alte geduldig vir my totdat ek tyd maak om saam met hom te spandeer.  Hy help my ook om my skoolpunte te liaseer en te verwerk.  Hy is so liefdevol, baie meer geduldig as enige iemand wat jy ooit sal ontmoet. Kla nie oor my gewig nie, ook nie oor wat ek eet nie.  Hy gee nie om wanneer ek briewe en e-posse van ander ontvang nie, gedulding wanneer ek telefoonoproepe maak.  En hy is so ordentlik dat ek hom meestal in my slaapkamer onthaal. Selfs laat nagte sal hy saam met my fliek kyk, my trane afvee en soms saam met my lag.  Soggens vroeg sal hy selfs toelaat dat ek hom nader sleep en my vingers kan ligtig oor sy vel gly.  Ek het nog nooit met hom baklei nie, soms raak hy siek, maar gelukkig is daar dokters wat hom sommer vinnig genees.  Jou kinders sal hom beslis in jou lewe verwelkom en soms ook sy raad opsoek.   Jy is welkom om met hom te gesels, hy is vinnig met antwoorde en hy kan baie geheime ook hou.   Kom, vat sy hand en leer hom vinnig ken…Mnr. Google Windows. Ons twee is soos Vinkel en Koljander.

Weet jy, jy kan innerlike struikelblokke in jou lewe hê maar die waarheid is, jy is nie minder geliefd nie, nie in my oë nie, dit belowe ek jou.  Ek en jy, jy en ek, ons twee (of almal) is deel van een wêreld, een Aarde, een God, en onder Hom bly ons een.  Ek is nie beter as jy nie, jy nie as ek nie, ons lewenslesse verskil net dramaties. Die mens behoort mekaar net lief te hê en niks minder nie, en moenie toelaat dat die ‘wêreld’ ons gedagtegang so intimideer dat ons dit nie raaksien nie.

Hoe het die drie Musketiers nou weer gesê:  One for all and all for one.

EkWasHier

ekkwh.jpg