Soms sien ons die balk altyd in ‘n ander een se oog raak, selde in jou eie…ek moet erken, ek het tekortkominge.  Ek mak seker die meeste foute van alle mense, maar dis dan wanneer ek dit  ervaar, dis wanneer ek dit as ‘n lewensles beskou en aan myself werk.  Die egskeiding was seker goed, en nee, ek praat nie egskeidings goed nie.  Maar, indien die episode nie gebeur het nie, sou ek nooit ‘n ommekeer in my lewe gehad het nie.  Ek is seker die enigste vrou wat so lank geneem het om alles te verwerk en nou na amper ses jaar kan aangaan met haar lewe.

Ek het geleer om so dankbaar in die lewe te wees.  Dankbaar vir ‘n Maandag, want elke dag bring sy vreugde voor;  dankbaar vir motors wat voor my injaag, dit het my geduld geleer, en wie sê dat dit dalk nie ‘n ongeluk vermy nie;  dankbaar vir my seun wat nog in die huis is, want sy glimlag bied vir my warmte in my hart.  Dankbaar vir reëndruppels wat val, die oortrokke, donker weer en die koue, want daarsonder sal Somer nooit kom nie.  Dankbaar omdat ek meer berusting gevind het, dankbaar omdat ek weer kan lag.  Dankbaar vir elke traan wat ek gestort het, dankbaar vir swaarkry en dankbaar vir God wat my heeltyd beskerm en dankbaar dat ek aaneen met Hom baklei het, want nou sien ek alles raak wat Hy intussen vir my beplan het.

Indien mens nie daardie lewenslessies leer nie, vertel my hoe kan jy dan groei?

Elke ou lessie, bring nuwe vreugde, nuwe sienswyses, nuwe mense selfs in jou lewe en dit bring die vrede.  Een vroutjie sê ek moet my oë toemaak en rustig asemhaal.  Ek moet my gedagtes tot God rig, dan moet ek vir haar die eerste woord gee wat in my gedagtes opkom. Dit was JOY…en haar woorde aan my was dat dit is wat God vir my beplan.  Ek moet leer om JOY in my lewe te ervaar.  Iets wat ek nog nooit ervaar het nie.  Iets wat ek nie weet hoe om te doen nie…maar Joy ervaar, sal ek…gee net tyd.   Wat is JOY?  Vreugde om te lag?  Dink dis net daardie vrede en geluk en berusting wat ek moet ervaar.  Deur te LET GO en te LET GOD…en hoe meer ek daaraan sit en dink, hoe meer rustiger raak ek.

Deur Geestelik of spiritueel deel van God te wees en nie religieus nie, het my geleer om baie, baie nader aan God te wees.  Ek voel Sy nabyheid baie en weet die Engele is pal om my en die spierwit vere wat tydig en ontydig op die vreemdeste plekke opduik is ongelooflik berustend.  Ja, lag maar, maar ek tel elke veertjie op en bêre dit.  Die vere het nie die goedjies aan wat ander vere het nie, dis sag, spierewit en niks vuilheid of donsies of wat ookal aan nie…Dis waar, as God by jou is, wie kan teen jou wees.  Maar mense raak teen jou, hulle verstaan nie waarom jy doen wat jy doen nie, waarom jy dink soos jy dink nie…en ek word as baie weird beskou a.g.v. dit.  Dit pla my nie, weird vir God, ag, dis okay,  ek hou dan daarvan om weird en anders te wees.  Ek kan nie die massa volg nie, want ek is op ‘n pad deur Hom geplaas waar ek myself eers moet ontdek.  En ek luv die nuwe ek.  Deur die lewe met nuwe oë waar te neem en te ontdek, is goed vir jou siel, jou lewensuitkyk en vir jou.

Ek het steeds baie tekortkominge, en ek weet elkeen sal aan gewerk word.  Intussen sal ek myself verder leer ken en ontdek.  Ek wil wees vir wie ek gemaak is om te wees, en nie hoe mense my wil vorm nie. Ek wil nie meer gemanipuleerd wees of geintimideerd wees nie, ek wil vry wees om besluite te maak.  Te groei in die persoon wat God beplan het ek moet wees.  Ek het mense nodig om my te wys hoe om dit te doen, and the teacher appears when the student is ready.

Vrou, wees net jy, wees daardie skoonheid wat God al lank voor die grondlegging van die Aarde vir jou beplan het.  Jou glimlag is pragtig, jou trane word opgevang in die hemel en jy, jy is ‘n skoonheid – binne en buite.

Glimlag vir elkeen, laat mense wonder waarom jy sit en glimlag, GLIMLAG IS MOS LEKKER.  Jy het geen rede nodig om te glimlag nie, wag nee, jy het…jy het dankbaarheid wat diep binne jou gewortel is.

Geniet ‘n groeiende lewe, bekom die vreugde wat vir jou beplan is, die vrede en abundance want Infinite Spirit, ons Hemelse Vader, vir jou beplan het.  Baan daardie weg Here wat U vir my, as vrou,  beplan het.

EkWasHier

get what you give