LEES SLEGS INDIEN QUANTUM FISIKA JOU INTERESSEER…

Terwyl ek so Google, spesifiek om te sien hoe werk dit om te Marble, kom ek af op die snaakste onderwerpe.  Daar is Marbling vergete en ek begin die ander Quantum goed Google.

Ek luister nou na die ‘Mandela-effect’.  Dit is ongelooflik interessant.  Dit handel oor hoe die mense sê dat hulle ewe skielik ouer voel, asof hulle oornag ouer geword het.  Of hulle geheue ewe skielik hulle in die steek gelaat het.  Die een vroutjie sê dat sy die een oggend wakker geword het en iets het binne haar gevoel of iets belangriks besig is om te gebeur.  Sy sê dat sy uitermatig moeg gevoel het, en ongelooflik baie geslaap het.  Die radio-hosts sê verder dat hulle dit eenvoudig nie kan verwoord nie.

Nou vra jy wat dit is:  The “Mandela Effect” is what happens when someone has a clear memory of something that never happened in this reality.

Many of us — mostly total strangers — remember the exact same events with the exact same details.  However, our memories are different from what’s in history books, newspaper archives, and so on.  This isn’t a conspiracy, and we’re not talking about “false memories.” Many of us speculate that parallel realities exist, and we’ve been “sliding” between them without realizing it.

The Mandela Effect is a term for where a group of people all mis-remember the same detail, event or physicality. It is named after the instance in which a large group of people all shared the same memory that Nelson Mandela died prior to his actual 2013 death, usually some time in the 1980’s.

Volgens die radio-hosts is dit asof ons sommer  sonnestelsels ver weg was, sommer vir paar sekondes en dan weer hier.  Het julle al uitgezone en dan weer terug is…volgens hulle gaan ons deur periodes in ons lewens dat dit wel gebeur, dis asof maande verby gaan en daar’s niks, dan netso voel ons asof ons weer weg verdwaal, verouder ens…volgens hulle het Mandela bewys dat ons 80 duisend ligjare aan beweeg het.

Dis baie deurmekaar vir my, dog maak dit sin.  Dis ‘n illusie dat die heelal nie beweeg nie, dog beweeg dit.  Daar word vermoed dat daar ‘shifts’ plaasvind, volgens hulle vermoed hulle dat 2012 die eerste shift was, toe 2014 en 2015 wat radikaal was.  Nou 2016 ‘n groot shift.  Vir meeste mense is dit asof die genoemde jare baie erg in hul lewens was.

Volgens die mense is daar baie YouTube video’s op van die Mandela Effect en uit die oogpunt van die Christendom.  Dink ek sal Mnr. Google nader en begin Google…Sjoe, dis asof die Mandela Effect en Flat Earth ewe skielik You Tube oorheers.  Wel, sal nou nie weet nie, al wat ek kan doen is om positief te bly.  Volgens hulle is die reaksies van mense verskillend.  Google dit veel eerder, dan sal dinge vir jou duidelike word.

Auguste Piccard word genoem, hy was die eerste man wat in 1931 die stratosfeer bereik het, sy seun Jacques, was die eerste man wat in 1960/1 die diepste plek in die see bereik het.  (Buiten Nasa) Hy – Auguste Piccard – het genoem:  the Earth appears flat with an upturned edge…baie interessant.

Dit is die dinge wat my vrae laat vra.  Teorieë is slegs gestaaf op dinge wat mense dink.  Waar is die konkrete bewyse?  Die foto van die Aarde is sedert 1972 in gebruik, geen ander foto word ooit gewys nie, buiten ‘images’ wat mense skep.  Miskien het die onderwysstelsel ons al so geindoktineer dat ons nie meer vrae vra nie, slegs net aanvaar en niks bevraagteken nie…Selfs Dr. Robert Lanza, ‘n groot wetenskaplike, het bewys dat die siel aan beweeg na die dood en ‘n ander vorm aanneem.  Dit word alles onder Biocentrivisme – Quantum Theory Proves Consciousness Moves To Another Universe At Death – Biocentrivism.  En verder het hierdie wetenskaplike en ander begin bewys dat die consciousness dalk nog deel is van multi-universes.  Dit maak absoluut sin vir my.

Dan is daar ook ‘n boek:  Chronicles from the Future – Paul Amadues Dienach.  Hy was vir ‘n jaar in ‘n koma en met sy NDE was hy gedurende daardie tyd in die toekoms – die jaar  1921 en wakker geword in 3906.  Die Masons het hierdie boeke laat opkoop en vernietig en het die oorspronklike in hul biblioteek gehou.  ‘n Kopie is onlangs gevind en op internet vrygestel.

Hierdie is dinge wat my vrae laat vra…