”There are four questions of value in life…

  •  What is sacred?…
  • Of what is the spirit made?…
  • What is worth living for,….
  • and what is worth dying for?

The answer to each is the same….. Only love.”  ~~~Don Juan deMarco

“I am enough. I am full of sparkle and of compassion.I genuinely want to make the world a better place. I love hard. I practice kindness. I am not afraid of the truth. I am loyal, adventurous, supporting, and surprising. I am enough. I make mistakes, but I own them and I learn from them. And sometimes I make a lot of mistakes. But I am enough.”
~Molly Mahar

Soms kom die vraag, wie is jy?  Ek is vrou, ek is uniek, ek is net wie ek is…hoe kan ek iemand anders wil wees?  Ek is seker dat ons vrouens baie uit die lewe verlang, soms is ons tevrede met die basiese al begeer ons soms meer.  Maar die heel beste wat ons kan ontvang is – liefde!  Ek dink ons floreer op liefde.  Dog moet mens eers geluk binne jouself vind voor jy geluk buite jou sal vind.  Oe, lekker wanneer mens die rustigheid binne jou voel en soms sit en glimlag en jy weet nie hoekom nie.

woman dangerous

Gee my liewers ‘n bos daisies i.p.v. bos rose, maar enige bos blomme is altyd mooi.  Gee liewers die stil plekkies bo die gedruis en gezoem van mense om my, maar ek hou ook van vlooimarkte en die oseaan en selfs reënwoude.

Ek neem nie ure om te grimeer en aan te trek nie, ek is woerts-warts klaar, wil nie ure in die bad lê nie, ek het beter dinge om te doen,  en ek hou daarvan om mooi te lyk ook.  Ek sal liewers ‘n glasie water saam met jou drink as ‘n glas wyn in ‘n kroeg, of selfs ‘n glasie wyn onder die sterre.  Ek sal veel eerder onder die maanlig dans as in ‘n besige dansplek.  Gee my die sterrehemel as straatligte.

univer.jpg

Gee my sjokolade en nie kaviaar,. ‘n Kaggel en fliek sal ek kies bo ‘n teater, maar sal die experience wil hê van hierdie nuwe teaters waar mens op ‘n spesiale bankie sit en iemand se arms om my.  Gee my ‘n man wat ‘n slag kan slaan en nie een wat net sit en beveel nie, maar beter as ons dit saam doen.  Gee my ‘n man wat my intellek kan aanwakker en my nie verveel nie.  Gee iemand wat my laat lag, nie een wat fokus net op hom wil hê nie, saam lag, saam in stilte kan wees, saam dinge doen, en ok soms die alleenwees geniet.  Prikkel my verbeelding, laat my raai, laat my wonder, laat my weet waar ek staan.  Ek sal liewers jou hand vashou en in jou oë staar en wanneer  ons oë  ontmoet sal dit glinster en vir mekaar glimlag. Gee vir my iemand wat van diere hou al nies hy ook hoe.  Iemand wat roadtrips wil onderneem, en vir my ‘n klip sal optel en weet dis ‘n waardevolle geskenk vir my.  Gee vir my iemand wat saam ‘n bucketlist wil opstel en ons trek een vir een daarop dood.  Gee iemand wat my roompies wat ek maak sal uit probeer en ek sal ook dit wat hy doen, uit toets.

 

My persoonlike opinie is;  wanneer ‘n vrou geliefd is deur haar geliefde, dan sal sy alles vir hom opoffer, indien hy haar verwaarloos, kwyn sy heeltemal weg.

En

EkWasHier