Daar is min mense wat weet wat dit beteken om regtig daar te wees vir iemand.  Dit is die heel moeilikste deel van die journey.  Jy sal besef dat die belangrikste is diegene wat besluit het om ‘n lewenspad, ‘n vriendskap, ‘n toekoms, saam met jou aan te pak.

Mense maak beloftes terwyl die sonskyn en maak verskonings wanneer die storm buite dreig…Gelukkig met hierdie stortvloed in jou lewe was en reinig die storm die onnodige uit jou lewe.  Die realiteit is, en dit is die ironie van als is dat die opregte, die eerlike, die rein van hart soms misgekyk kan word.  Ironies genoeg hoe dié wat kwaad saai, dié wie skinder, belieg en bedrieg geglo word, en jy wat probeer goed doen nie eens raakgesien word of eens genader word om jou kant te stel nie.

storm followed by a rainbow....

Om iets wonderliks in jou lewe te hê is soms moeilik, want om ‘n sterk mens wat opreg van hart is te ontmoet is so skaars soos hoendertande, skaarser as wanneer perde verby sal vlieg met horings.

‘n Mens kan of gif saai of liefde.  Wees liewers die een wat die goeie in ander raaksien.  Dit verhoog nie net jou standaarde in die lewe nie, maar dit verhoog ook jou geestesvlakke.  Om te lewe met standaarde, norms en waardes is soms moeilik.  Om sedeloos te lewe is maklik, maar ons vergeet so maklik dat daar ‘n Meester is wat alles raaksien.  Die storms in jou lewe wil juis hierdie fase van ongeregtigheid uitwis en soms bly ons in hierdie storm en nugter weet hoekom.  Om deur die storm te gaan, verg moed en deursettingsvermoë en die uitkoms daarvan is fenominaal.  Die glimlag en vreugde en vrede is soms net aan die anderkant van die storm geleë.  Die vraag is net, wanneer gaan jy daardie stappie neem of is die storm tans genoeg in jou lewe.  Ek weet dat dit nie genoeg vir my is nie.  Daar is iets anders wat ek wil bereik, en sal ~ sal ek.  Toe ek jonk was, was ek in ‘n kursus geplaas terwyl ek onderwys geswot het omdat ek glo te vinnig en te sag gepraat het, maar wat ek sedert 1981 onthou, is die volgende:

Wie WIL, die KAN.                                                                                                                                       Wie nie WIL NIE, die MOET.                                                                                                                     Wie nie KAN nie, die BARS.                                                                                                                 MAAR EK, EK SAL!!!

Dié woorde het my al die jare by gebly en ek weet, daardie kommunikasiekursus het wel iets beteken.  Ons het haar Ma Meïj genoem en die kursus was aangebied saam met een of ander akteur. Beste kursus ooit maar ek praat steeds te sag.  My stem projekteer steeds nie.

Soms verlaat dierbare mense jou omdat die storms dalk in hul lewens moeilik en erg is, of dalk sien hulle die lig in jou raak en dit maak hul dalk bang.  Bly steeds daardie lig, sodat jy iets vir ander kan beteken.  Waarom is jy juis op hierdie Aarde se lewe, hierdie hologram van warboel, vasgevang?  Elkeen sal ‘n opinie daaroor kan lig, maar op die ou einde is dit die lewenslesse wat op jou pad geplaas is wat jy moet oorkom, asook dit wat  jy vir ander beteken het, sodat jy uiteindelik jou vrede kan bereik voor jy terug vertrek na die Bron van alle Lewe toe.

Laat jy ‘n Legacy agter of laat jy net ‘n vraagteken agter?  Liefde begin binne jouself, eerstens vir jouself, daarna jou onmiddellike huisgesin en familie en daarna uit na die wêreld.  Wat is jou Legacy?

leef goed.jpg

Ek het geleer om te ‘verstaan’ wanneer mense my lewe verlaat want ek het besef dat
MY TIPE LIEFDE.  NIE vir elke Jan Rap en sy maat is NIE.

EkWasHier

Ironie van die lewe