Wat verdien jy in jou lewe?  En hierdie is natuurlik vica versa, né!!  Jy verdien iemand wat jou liefhet met elke greintjie van sy hart.  Jy verdien iemand wat jou bystaan in al die drome wat jy na wil jaag.  Jy verdien volkome vrede, respek en iemand wat jou sal liefhê met al jou foute, jou littekens en al…selfs die moesie wat jou soms irriteer.  Wees saam met iemand wat jou laat lag, wat die geluk, vrede en voorspoed na vore bring.  Iemand wat in jou lewe moes gewees het sommer jare gelede al.  Iemand wat nie bang is om net te probeer nie, selfs aan te hou nie…

Jy verdien iemand wat grappies vertel wat net jy verstaan en iemand wat jou bederf met klein goedjies, soms met een bottergeel Daisy en soms met ‘n bos sonsondergangsoranje Angeliere, soms met ‘n toffie en soms met ‘n hele blik Ferrero Rochers.  Iemand wat jou voete vryf wanneer jy die hele dag gestaan het, en soms jou rug kom was wanneer jy dit nie verwag nie.  Iemand romanties, maar ook nie altyd nie, en sommer so uit die bloute.  Iemand wat jou hand vashou wanneer julle loop, of net vir jou glimlag wanneer julle oë mekaar ontmoet.  Ag, sommer ma’net.

Moenie liefde najaag nie, dit sal jou wel vind.  Soms het jy nodig om 18 paddas te soen voor die prins opdaag.  Soms kom die liefde op die tye wanneer jy nie meer soek nie.  Soms toevallig, soms gereël.  Neem jou tyd, stel jouself nou eerste, gaan vir ‘n manikuur, bederf jouself met ‘n melkskommel of wat van ‘n romerige mond-smeltende, soet en langdurige blywende geur van roomsjokolade in jou mond…

Wees dankbaar vir die liefde wat na jou kant toe kom al is dit vir ‘n seisoen, en let go gently wanneer dit tyd is om te let go…dit gaan hier oor jou hart, hoe sagter jy let go hoe beter vir jou.  Hou bitterheid uit jou hart, en wys mense eerder die liefde en dankbaarheid in jou lewe…

Intussen, love yourself en geniet jou me-time…tyd is so kort.  Doen wat jy goed vind om te doen en lag vir alles.

EkWasHier