Dis vir my so interessant en eintlik lagwekkend hoe mense met ander so saamstem, al skreeu die teenoorgestelde binne jou, net om ‘in’ te wil wees, of om ‘gelike’ te word.
Ek bedoel nou nie lelik nie, maar almal kan tog nie met alles wil saamstem, of almal kan tog nie teen iets wees nie? Oe eh eh, hoe het mens dit met die mensdom?
Kom ek neem nou ‘n voorbeeld…
motivation  on love
  • Dan antwoord die mense met:  Dit is so.  True.  So true.  Amen. Couldn’t have said it better.  Jy is so reg.  Wat van:  Laat hy dit doen, die Bliksemmmment verdien dit of selfs, skop hom uit, hy wil mos…
Of

The meaning of life is creative love. Not love as an inner feeling, as a private sentimental emotion, but love as a dynamic power moving out in the world and doing something original. – Old Tom Morris

  • So kom die antwoorde;  true, love die een, yes baby, kon dit nie beter stel nie, jy weet net wat om te sê…My word – antwoord tog met iets teenoorgestelde as dis so waar bla bla bla…Gaan uit en maak daardie love real, of whaaatttt!!! My lewe is klaar vol meaning en meaning of life is to be happy…

Of

Wanneer die ‘hunk’ ‘n video wys waar hy oefen met sy kat.  Arme kat is die weights, deel van sy sit-ups, stretches, en wat nog.  Kietkat is geduldig, so asof Kietie dit geniet.  Dan hang hy die kat om sy nek en vee kastig sy sweet met Kietie se stert af..en eindig met ‘n soen stuur vir die kykers.

  • En die antwoorde:  Ek het nie eens agtergekom dis ‘n kat-video nie…whaaatttt, nie die kat raaksien nie…ek wens ek was die kat…shame, arme ding…en, I loooovvveee cats…GOh purrrrrrrrrrrrrrrfect…. the reaction at the end though lololol~~ “really…sweat on my tail…really??” Lauri:  What cat?   ens…maar die beste is, die mannetjie is beslis aantreklik en meisies val oor hul voete soos:  Ek sal graag die soen wil ontvang.
Ek lag maar net, want Facebook is so:  of jy stem saam of niemand antwoord jou nie. Wees liewers uniek en staan uit as om te bang te wees om jou opinie te lig.  Soms is dit net lagwekkend en soms net om anders te wees of vir die lekkerte, skryf iets random of net iets anders.  My seun sou skryf:  Ek hou van kaas.  Dit sal natuurlik niks met niks te doen hê nie en jy sal die klok gaan soek en nie eens weet waar die bel is nie.  Facebook is soms baie amusant.  Ek kan dink mense word kwaad as hul nie hul sin kry nie of mense raak verspot oor niks.

Vermaak, dis wat Facebook ‘n mens bied.  Goed vir die hart met al die lag.  Soms lag ek dat die trane loop, soms is daar ietsie hartseer, soms realiteit en mens sien plekke wat jy nog nooit eens van gehoor het nie, soms fiksie, soms oor Fauna en Flora en dan is daar net baie snert ook…maar ek geniet Facebook.  Dit is vermaak.

facebook icon

Ai, wat sal mens doen as jou dag nie ‘n tikkie lag in het nie? Jy moet eintlik ‘n humorsin hê om ‘n Facebooker te kan wees. Lag het nog niemand doodgemaak nie.  Mens kan kies om te lag en nie toe te laat dat een persoon uit 7 biljoen mense jou dag versuur nie.  Dus, Facebook en lag daarna vir almal se opmerkings…

EkWasHier

En so ‘n paar Facebook pic’s…