Hoe goed kan jy ‘n geheim bewaar?  Kom ek vertel vir jou ‘n paar lewensgeheime.  Sjuut…gehoor!

Het jy geweet dat jy nie werklik in ‘n verhouding hoef te wees nie?  Werklik, dit is so.  As iemand vir jou andersins vertel, lag vir hulle want hulle voel seker so, of hulle voel nie geliefd nie, totdat hul in ‘n verhouding is…dis pure bog.  Hoe kan ‘n verhouding jou gelukkig laat voel as jy nie innerlike geluk ervaar nie?

Romanse is beslis nie die enigste tipe liefde wat bestaan nie, o nee, daar is liefde soos vir jou kinders, jou familie, vriende/inne ens.   Romantiese liefde is nie die antwoord tot die alfa en omega nie.  Hoe kan ‘n nuwe liefde die plek in neem van dit wat jou alles was?  Hoe gereeld hoor ons tog nie die woorde:  Niemand is lief vir my nie…en dit meestal van mensies wat enkel en alleen is.  Dis nie waar nie, daar is soveel mense wat lief vir jou is.  Daar is jou familie, vriende, diere, jou kollega’s – daar is soveel wat vir jou omgee. Whaattt…jy sê dit tel nie want jy praat nie van die tipe liefde nie.  Kyk ek giggel nou, natuurlik tel dit.  Liefde is so wonderlik.  Liefde is iets wat jy vrylik gee.  Indien jy nie liefde innerlik en met vrede en geluk ervaar nie, hoe kan jy dit gee.

Liefde is beslis nie gedegradeer omdat daar nie fisiese aanraking ens. is nie, die feit dat liefde gegee word maak dit soveel meer werklik.  Vriendskap maak liefde uniek, dit maak dit so pragtig en laat mens sprankel.  Dink net hoe glimlag mens nie wanneer jou kind vir jou vertel dat hy/sy lief vir jou is nie…dit is liefde…

Moenie dat mense jou in ‘n verhouding in dwing deur te sê dat ‘n verhouding jou beter sal laat voel nie.  Dis ook bog.  Wees gereed wanneer dit jou pas.  Liefde is mooi, en wees saam met mense wat jou veilig laat voel, iemand wat jou rustig laat voel, en laat voel asof jy tuis is, net daar hoort.  Jy moet voel asof jy tuis is en weet dis waar jou hart hoort.

Ek weet, om verlief te wees is om op ‘n high te wees. Om verlief te wees is wonderlik, soos ‘n sprokiesboek, magical…om op wolke te sweer.  Maar o genade, pasop vir die afkom slag…jy gaan hard met Moeder Aarde eerder moeder werklikheid kennis maak.  Gaan met oop oë die liefdeswêreld binne en weet, eerstens is jy lief vir jouself en dan wyk dit na buite.  Vergeet dit om elke keer ‘die een’ te soek, hy is nêrens te vinde nie, wees jy liewers die regte een wat met ‘n uitkyk van liefde op die lewe het. Die een wat haarself liefhet, die een wat haarself pret en liefde gun en gelukkig is.  

Miskien is jy self die een wat jouself goed laat voel.  Miskien deur gelukkig met jouself eerstens te wees, te lag, straal jy energie uit en trek soveel meer na jou toe aan.  Wees net jouself, wees jy!

EkWasHier

find someone who will love and support you