Kry ek mos dié e-pos en dit het my geprikkel.  “Reasons why men lie…” Michael Fiore is een van die voorste verhouding guru’s in VSA selfs oor die wêreld heen.  Ek gaan luister toe na sy video.  Volgens hom lieg alle mans, selfs al dink jy hy’s ‘n ridder op ‘n wit perd of selfs ‘n engel uit die hemel.  Volgens Michael Fiore lieg mans om die volgende redes:

  • Bang vir ons emosies;  wil jy meer, ‘n man sal liewers iewers anders gepunch word as om ‘n vrou te laat huil of kwaad te maak.  Giggel ek nou!  Rhêrhig!  My x het so gelieg oor sy skelmstreke maar my gevoelens en woede was nie gespaar nie.  Hulle is glo bang vir die wrokke wat ons vrouens gaan kweek.  Wel leuens kweek dit klaar.  Wil ons glo vertel wat ons wil hoor – so ‘n halwe waarheid is amper soos ‘n hele waarheid…en Fiore beweer ALLE mans doen dit. Dink nie dit verbeter ‘n verhouding nie…blokkeer eerder kommunikasie.  Dink ons vrouens se IK’s word onderskat.
  • Oe eh eh, hy steek iets regtig sleg weg;  volgens Fiore lieg mans soms oor klein goedjies t.w.v. die vrede en om ons emosies in takt te hou.  Soms lieg hulle oor ietsie meer sinister soos bv. verhoudings of dobbel of geld wat hul wegsteek of dalk die een of ander verslawing.  Is vertroue nie dalk ‘n fondament in ‘n verhouding nie?  Fiore beweer ook verder dat indien verslawing ‘n probleem is moet hy veel eerder toelaat dat sy vrou hom ondersteun i.p.v. aggressie toe te pas.  Dit sal groei in die verhouding bevorder en hier sal die vrou se werklike liefde en ondersteuning seker ter sprake kom.  Soms onderskat mans vrouens se liefde vir hulle en ja, ek kan ook sê vica-versa. Soos die een, so is die ander ook.
  • Verder dink Fiore dat dit beter is as ons vrouens sekere dinge nie weet nie.  Een ding is wel verseker, as dit in sy gedagtes is, is dit nog ok, want dit kan ons nie seermaak nie.  Behoede en beware hom indien ons wel uitvind.  There is nothing more dangerous than a woman scorned ~ my opinie…ook sal dit lei dat daar nie ‘n sterk vertrouensverhouding meer sal wees nie.  Dit kan selfs die verhouding vernietig.

Ek dink ons vrouens kort x-ray vision om man te kan verstaan. Maar ek wil bylas, ek dink baie vrouens lieg maar netso vir hul mans.  Een ding wat ek nie van hou nie is wanneer mans lieg wanneer hul ‘n dwalende oog het, ek kry die vrou so jammer, ja, en andersom ook.  Indien die man/vrou in die huwelik rondloop is dit sy/haar eie skuld.  Indien die man/vrou nie hul eie grassies aan hul eie kant genoeg water gee en voed nie, sal die grassies verdor.  Die gras aan die anderkant van die draad mag lowergroen en so aanloklik lyk, maar die persoon sien nie die dik mis aan daardie kant nie.  Dan gaan die persoon na die anderkant van die weiveld en sit vas.  My raad is, gaanterug en begin jou eie gras weer natmaak.  Begin jy eers met jouself voordat jy die vinger na die ander een kan wys.  Onthou ‘n saak het jou kant, haar kant en natuurlik die waarheid.  Egskeidings los niks op nie, inteendeel;  die kinders lei baie en die party wat agter moet bly is die een wat ook baie treuer.  Die krake wat jy maak indien jy rondloop is krake wat jy sal moet gaan regmaak, indien nie, bly daardie barste oop vir altyd.  Sluk jou trots en maak vrede…eerstens met jouself dan met die wie jy te na gekom het.  Moeilik, dog waar…

En dit wat jy voor God belowe het, sal altyd bly staan.  Jy kan nie sê dat jy nie ‘n eed voor God gemaak het nie.  Dan moet jy liewers om draai en loop, want so iemand sal nooit die liefde werklik sien soos God dit daar gestel het nie.  Die lewe is soms te kort vir nonsens, gaan uit en doen wat goed vir jou en jou gesin is.  Die Ewige Vader sal aan jou voorsien…

Liefde, vrede vir julle

EkWasHier